Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah—absoluut groots!
    Die Wagtoring – 1986 | Januarie 1
    • “Wie in die hemel kan met die Here vergelyk word?” het die psalmis gevra. “Wie onder die hemelwesens is soos die Here?” (Psalm 89:7, NAV). Nie eens die eersgebore Seun wat by die skepping as Sy “meesterwerker” gedien het, kan Jehovah se mate van grootheid ewenaar nie. Hy het dit self erken toe hy as die man Jesus Christus op die aarde was: “My Vader [is] groter . . . as Ek” (Johannes 14:28). En ondanks die feit dat hy sy Vader se “meesterwerker” was, het hy nooit aanspraak gemaak op die titel van medeskepper nie. Hy het God as die enigste Skepper verheerlik.​—Vergelyk Genesis 1:26, 27; Spreuke 8:30, NW; en Mattheüs 19:4.a

  • Jehovah—absoluut groots!
    Die Wagtoring – 1986 | Januarie 1
    • a Dit is betekenisvol dat waar Genesis 1:26 van Jehovah en sy “meesterwerker” saam praat, dit sê ‘laat ons maak’, terwyl die volgende vers die woord ‘skep’ gebruik wanneer dit van Jehovah alleen praat. “A Dictionary of the Hebrew Old Testament in English and German” deur Koehler en Baumgartner sê oor hierdie Hebreeuse woord vir ‘skep’: “In die O[u] T[estament] is [hierdie] ’n teologiese uitdrukking waarvan uitsluitlik God die onderwerp is.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel