Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe het lewe begin?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 3. Wat maak mense anders as diere?

      Nadat Jehovah die aarde gemaak het, het hy lewende dinge gemaak. Eerstens het hy al die plante en diere gemaak. Daarna het “God . . . die mens na sy beeld geskep”. (Lees Genesis 1:27.) Wat maak mense anders? Omdat ons na God se beeld gemaak is, kan ons, net soos hy, ander op ’n liefdevolle en regverdige manier behandel. Hy het ons ook gemaak met die vermoë om tale te leer, mooi dinge te waardeer en musiek te geniet. En ons kan ons Skepper aanbid, iets wat diere nie kan doen nie.

  • Hoe het lewe begin?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 5. Ons kan glo wat die Bybel sê oor hoe lewe begin het

      In Genesis hoofstuk 1 beskryf die Bybel waar die aarde en al die lewende dinge daarop vandaan kom. Kan jy hierdie verslag glo, of is dit net ’n storie? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

      VIDEO: Is die heelal geskep? – Uittreksel (3:51)

      Collage: Tonele uit die video ‘Is die heelal geskep? – Uittreksel’. 1. Die ses skeppingsdae soos dit vir iemand sou lyk wat op die aarde was. 2. Die aarde ná die sesde skeppingsdag met die son, droë grond, water, plante, voëls, diere en mense.
      • Sê die Bybel dat die aarde en al die lewende dinge daarop in ses dae van 24 uur gemaak is?

      • Is die Bybel se verslag oor waar lewe vandaan kom, logies, en kan ’n mens dit glo? Hoekom, of hoekom nie?

      Lees Genesis 1:1, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Wetenskaplikes sê dat die heelal ’n begin gehad het. Hoe stem dit ooreen met wat jy nou net in die Bybel gelees het?

      Party mense wonder of God evolusie gebruik het om lewende dinge te maak. Lees Genesis 1:21, 25, 27, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Leer die Bybel dat God ’n eenvoudige lewensvorm, of sel, gemaak het, wat toe later in visse, soogdiere en mense verander het? Of het hy al die basiese “soorte” lewende dinge gemaak?b

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel