Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 2006 | Januarie 15
    • Kort ná hulle verlossing uit Egipte het die Israeliete oor voedsel begin murmureer. Jehovah het dus vir hulle manna voorsien (Eksodus 12:17, 18; 16:1-5). Toe het Moses vir Aäron gesê: “Neem ’n kruik en plaas daarin ’n gomer vol manna en sit dit voor Jehovah neer as iets wat in al julle geslagte bewaar moet word.” Die verslag sê: “Net soos Jehovah Moses beveel het, het Aäron dit voor die Getuienis [’n argief vir die bewaring van belangrike dokumente] neergesit as iets wat bewaar moes word” (Eksodus 16:33, 34). Hoewel Aäron ongetwyfeld by daardie geleentheid die manna in ’n kruik bymekaargemaak het, kon hy dit eers voor die Getuienis neersit nadat Moses die Ark gemaak en die tafels daarin gesit het.

  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 2006 | Januarie 15
    • Die manna was ’n voorsiening van God gedurende die Israeliete se 40 jaar lange trek deur die wildernis. Dit is nie meer voorsien toe ‘hulle van die opbrengs van die [beloofde] land begin eet het’ nie (Josua 5:11, 12). Aäron se staf is in die verbondsark geplaas vir ’n doel—om as ’n teken vir of as ’n getuienis teen die opstandige geslag te dien. Dit gee te kenne dat die staf ten minste vir die duur van die reis deur die wildernis daar gebly het. Die logiese gevolgtrekking is dus dat Aäron se staf en die goue kruik met die manna uit die verbondsark verwyder is, die een of ander tyd nadat Israel die Beloofde Land ingegaan het en voordat Salomo se tempel toegewy is.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel