Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Waardeer die geskenk van lewe
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 5. Respekteer die lewe van ’n ongebore kind

      ’n Swanger vrou vryf haar maag.

      Dawid het verduidelik dat Jehovah belangstel in alles wat gebeur terwyl ’n kind in sy ma se baarmoeder groei. Lees Psalm 139:13-17, en bespreek dan hierdie vraag:

      • In Jehovah se oë, begin ’n persoon se lewe wanneer die ma swanger word of wanneer sy geboorte gee?

      Jehovah se wette vir eertydse Israel het ma’s en hulle ongebore kinders beskerm. Lees Eksodus 21:22, 23, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe het Jehovah gevoel as iemand die lewe van ’n ongebore kind per ongeluk beëindig het?

      • Hoe sou hy voel as iemand dit aspris gedoen het?b

      • Hoe voel jy oor God se beskouing?

      Speel die VIDEO.

      VIDEO: Is lewe vir jou so kosbaar as wat dit vir God is? (5:00)

      Selfs ’n vrou wat lewe waardeer, kan voel dat aborsie haar enigste opsie is. Lees Jesaja 41:10, en bespreek dan hierdie vrae:

      • As daar druk op ’n vrou geplaas word om ’n aborsie te hê, vir wie moet sy vra om haar te help? Hoekom?

  • Waardeer die geskenk van lewe
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • b Dié wat ’n aborsie gehad het, hoef nie oorweldig te voel as gevolg van skuldgevoelens nie – Jehovah kan hulle vergewe. Vir meer inligting, sien die artikel “Wat sê die Bybel oor aborsie?” in die deel LEER MEER in hierdie les.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel