Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Wie het die denke van Jehovah leer ken?”
    Die Wagtoring — 2010 | Oktober 15
    • 14. Hoe het Moses op Jehovah se woorde gereageer?

      14 Die verslag sê verder: “Moses het die aangesig van Jehovah sy God versag en gesê: ‘Waarom, o Jehovah, sou u toorn ontvlam teen u volk wat u met groot krag en met ’n sterk hand uit Egipteland uitgelei het? Waarom sou die Egiptenaars sê: “Met kwade bedoelings het hy hulle uitgelei om hulle tussen die berge dood te maak en om hulle van die oppervlak van die aarde uit te roei”? Wend u af van u brandende toorn en voel spyt oor die kwaad teen u volk. Dink aan u knegte Abraham, Isak en Israel, vir wie u by uself gesweer het, deurdat u vir hulle gesê het: “Ek sal julle saad vermeerder soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land wat ek aangewys het, sal ek aan julle saad gee, sodat hulle dit inderdaad in besit kan neem tot onbepaalde tyd.”’ En Jehovah het begin spyt voel oor die kwaad wat hy gesê het hy sy volk sou aandoen.”—Eks. 32:11-14.a

  • “Wie het die denke van Jehovah leer ken?”
    Die Wagtoring — 2010 | Oktober 15
    • 16 Moses se antwoord het sy geloof en vertroue in Jehovah se geregtigheid geopenbaar. Sy reaksie het getoon dat hy nie selfsugtig is nie, maar dat hy besorg is oor Jehovah se naam. Hy wou nie hê dat dit gesmaad moet word nie. Moses het sodoende getoon dat hy “die denke van Jehovah” in verband met hierdie saak verstaan (1 Kor. 2:16). Wat was die uiteinde? Omdat Jehovah hom nie tot ’n sekere handelswyse verbind het nie, het hy volgens die geïnspireerde verslag “begin spyt voel”. In Hebreeus kan hierdie uitdrukking bloot beteken dat Jehovah nie die rampspoed gebring het wat hy gesê het hy oor die hele nasie wou bring nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel