Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Het enigiemand God gesien?
    Die Wagtoring – 1988 | Mei 15
    • Toe Moses, volgens Exodus 33:11, “van aangesig tot aangesig” met God gepraat het, het hy nie visuele kontak met Jehovah gehad nie. Hierdie uitdrukking dui die manier aan waarop Moses met God gekommunikeer het en nie wat hy gesien het nie. Kommunikasie “van aangesig tot aangesig” met God dui ’n wederkerige gesprek aan. ’n Mens kan insgelyks ’n wederkerige gesprek per telefoon voer sonder dat jy die ander persoon sien.

      Toe Moses met God gepraat en opdragte van hom ontvang het, was die kommunikasie nie deur middel van gesigte soos dit dikwels die geval met ander profete was nie. Dit is die gedagte in Numeri 12:6-8, waar ons lees: “Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur ’n gesig My aan hom bekend maak, deur ’n droom sal Ek met hom spreek. So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou. Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE.” In watter sin het Moses “die verskyning van die HERE” gesien?

  • Het enigiemand God gesien?
    Die Wagtoring – 1988 | Mei 15
    • Handelinge 7:38 dui ook aan dat Moses in werklikheid met ’n engel gepraat het wat God regstreeks verteenwoordig het: “Dit is hy wat in die vergadering in die woestyn was saam met die Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders.” Daardie engel was die persoonlike woordvoerder vir Jehovah God, die Skepper, en daarom het hy met Moses gepraat asof God self gespreek het.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel