Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Toe Jehovah homself beskryf het
    Die Wagtoring — 2009 | Mei 1
    • Op die berg Sinai het Moses Jehovah gesmeek: “Laat my asseblief u heerlikheid sien” (Eksodus 33:18). Die volgende dag het die profeet die voorreg gehad om God se heerlikheid vlugtig te sien.a Moses het nie in besonderhede beskryf wat hy in die luisterryke visioen gesien het nie. Hy het eerder iets van baie groter belang neergeskryf—wat God gesê het. Kom ons ondersoek wat Jehovah gesê het, soos opgeteken in Eksodus 34:6, 7.

      Die eerste ding wat Jehovah oor homself openbaar, is dat hy “’n barmhartige en genadige God” is (Vers 6). Volgens een geleerde dui die Hebreeuse woord wat met “barmhartig” weergegee word, op God se “tere medelye, soos dié van ’n vader vir sy kinders”. Die woord wat met “genadig” weergegee word, is verwant aan ’n werkwoord wat “’n opregte reaksie beskryf van iemand wat iets het om te gee aan ’n behoeftige persoon”. Jehovah wil klaarblyklik hê dat ons moet weet dat hy vir sy aanbidders sorg soos ouers vir hulle kinders sorg—met tere liefde en groot besorgdheid oor hulle behoeftes.—Psalm 103:8, 13.

      Vervolgens sê Jehovah dat hy “nie gou toornig word nie” (Vers 6). Hy word nie maklik kwaad vir sy aardse knegte nie. Hy is eerder geduldig met hulle en verdra hulle tekortkominge, terwyl hy hulle tyd gee om hulle sondige weë te verander.—2 Petrus 3:9.

      God sê verder dat hy “oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid en waarheid” (Vers 6). Liefderyke goedhartigheid, of lojale liefde, is ’n kosbare eienskap waardeur Jehovah ’n vaste, onfeilbare band met sy volk vorm (Deuteronomium 7:9). Jehovah is ook ’n bron van waarheid. Hy kan nie bedrieg nie en kan ook nie bedrieg word nie. Aangesien hy “die God van waarheid” is, kan ons volle vertroue hê in alles wat hy sê, insluitende sy beloftes vir die toekoms.—Psalm 31:5.

  • Toe Jehovah homself beskryf het
    Die Wagtoring — 2009 | Mei 1
    • a Moses het Jehovah nie direk gesien nie, want geen mens kan God sien en nogtans lewe nie (Eksodus 33:20). Jehovah het blykbaar vir Moses ’n visioen van Sy heerlikheid gegee en deur middel van ’n engeleverteenwoordiger met hom gepraat.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel