-
Jehovah—Die voortreflikste voorbeeld van goedheidDie Wagtoring – 2002 | Januarie 15
-
-
12 Jehovah se goedheid het die volgende dag op die berg Sinai voor Moses se aangesig verbygegaan. By daardie geleentheid het Moses ’n vlugtige blik op God se heerlikheid gekry en hierdie verklaring gehoor: “Jehovah, Jehovah, ’n barmhartige en genadige God, wat nie gou toornig word nie en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid en waarheid, wat liefderyke goedhartigheid vir duisende bewaar, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar hy sal geensins vrystelling van straf gee nie, want hy bring straf vir die oortreding van vaders oor kinders en oor kleinkinders, oor die derde geslag en oor die vierde geslag” (Exodus 34:6, 7, NW). Hierdie woorde toon dat Jehovah se goedheid verband hou met sy liefderyke goedhartigheid en ander aspekte van sy persoonlikheid. ’n Ondersoek hiervan sal ons help om goedheid aan die dag te lê. Kom ons kyk eers na die eienskap wat twee keer in hierdie merkwaardige verklaring van God se goedheid genoem word.
-
-
Jehovah—Die voortreflikste voorbeeld van goedheidDie Wagtoring – 2002 | Januarie 15
-
-
13. Watter eienskap word twee keer in die verklaring van God se goedheid genoem, en waarom is dit gepas?
13 ‘Jehovah is ’n God wat oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid en wat liefderyke goedhartigheid vir duisende bewaar.’ Die Hebreeuse woord wat met “liefderyke goedhartigheid” vertaal word, beteken ook “lojale liefde”. Dit is die enigste eienskap wat twee keer genoem word in God se verklaring aan Moses. Hoe gepas tog, aangesien liefde Jehovah se oorheersende eienskap is! (1 Johannes 4:8). Die welbekende lofbetuiging aan Jehovah, “want hy is goed, want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd”, bring hierdie eienskap na vore.
-
-
Jehovah—Die voortreflikste voorbeeld van goedheidDie Wagtoring – 2002 | Januarie 15
-
-
19. Op watter uitstaande manier het Jehovah goedheid teenoor berouvolle sondaars betoon?
19 ‘Jehovah is ’n God wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe.’ In sy goedheid is Jehovah vergewensgesind teenoor berouvolle sondaars. Ons is beslis baie dankbaar dat ons liefdevolle hemelse Vader deur Jesus se offerande voorsiening vir vergifnis gemaak het (1 Johannes 2:1, 2). Ons is inderdaad verheug dat almal wat geloof in die losprys beoefen, ’n begunstigde verhouding met Jehovah kan geniet, met die hoop op eindelose lewe in sy beloofde nuwe wêreld. Watter uitstekende redes is dit tog om Jehovah te loof vir sy goedheid teenoor die mensdom!—2 Petrus 3:13.
20. Watter bewys het ons dat God niks wat sleg is, vergoelik nie?
20 ‘Jehovah sal geensins vrystelling van straf gee nie.’ Dit is eintlik nog ’n rede om Jehovah te loof vir sy goedheid. Waarom? Want ’n belangrike aspek van goedheid is dat dit absoluut niks wat sleg is, vergoelik nie. En “by die openbaring van die Here Jesus vanuit die hemel met sy magtige engele” sal wraak uitgeoefen word “op dié wat God nie ken nie en dié wat die goeie nuus . . . nie gehoorsaam nie. Húlle sal as regterlike straf ewige vernietiging ondergaan” (2 Tessalonisense 1:6-9). Die aanbidders van Jehovah wat dit oorleef, sal dan die lewe ten volle kan geniet sonder dat hulle vrede versteur word deur goddelose mense, wat “sonder liefde vir goedheid” is.—2 Timoteus 3:1-3.
-