-
Hou aan om goedheid aan die dag te lêDie Wagtoring – 2002 | Januarie 15
-
-
10. Watter aspekte van Jehovah se goedheid word in Exodus 34:6, 7 genoem?
10 Met geestelike lig uit God se Woord en met die hulp van God se heilige gees kan ons ‘aanhou om goed te doen’ (Romeine 13:3). Deur gereelde Bybelstudie leer ons al hoe meer oor hoe ons Jehovah se goedheid kan navolg. Die vorige artikel het aspekte van God se goedheid bespreek wat genoem word in die verklaring aan Moses, wat opgeteken is in Exodus 34:6, 7 (NW), waar ons lees: “Jehovah, Jehovah, ’n barmhartige en genadige God, wat nie gou toornig word nie en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid en waarheid, wat liefderyke goedhartigheid vir duisende bewaar, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar hy sal geensins vrystelling van straf gee nie.” As ons hierdie aspekte van Jehovah se goedheid van nader beskou, sal dit ons help om ‘aan te hou om goed te doen’.
-
-
Hou aan om goedheid aan die dag te lêDie Wagtoring – 2002 | Januarie 15
-
-
14. Waarom moet ons ander vergewe?
14 God se verklaring aan Moses behoort ons ook te beweeg om ander te vergewe, want Jehovah is vergewensgesind (Matteus 6:14, 15). Jehovah straf natuurlik onberouvolle sondaars. Ons moet derhalwe volgens sy standaarde van goedheid lewe wanneer dit kom by die handhawing van die geestelike reinheid van die gemeente.—Levitikus 5:1; 1 Korintiërs 5:11, 12; 1 Timoteus 5:22.
-