Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘Dit moet vir julle as ’n gedagtenis dien’
    Die Wagtoring — 2013 | Desember 15
    • 9. Wanneer moes die Pasgalam volgens Eksodus 12:6 geslag word? (Sien ook die venster “Watter deel van die dag?”)

      9 The Pentateuch and Haftorahs sê dat die lam volgens Eksodus 12:6 “tussen die twee aande” geslag moes word. Party Bybelvertalings gebruik hierdie presiese bewoording. Ander, insluitende die Joodse Tanakh, vertaal dit as “met skemer”. Nog ander vertaal dit as “teen die aand” of “omtrent sononder”. Die lam moes dus geslag word nadat die son gesak het, maar terwyl dit nog lig was, aan die begin van 14 Nisan.

      10. Wanneer is die lam volgens party geslag, maar watter vraag ontstaan?

      10 In latere tye het party Jode gedink dat dit ure sou geneem het om al die lammers te slag wat na die tempel gebring is. Daarom is daar gedink dat Eksodus 12:6 na die einde van 14 Nisan verwys, tussen die tyd wanneer die son begin sak het (ná twaalfuur die middag) en die einde van die dag met sononder. Maar wanneer sou die maaltyd dan geëet word? Professor Jonathan Klawans, ’n kenner van eertydse Judaïsme, het gesê: “Die nuwe dag begin wanneer die son sak; die offerande word dus op die 14de gebring, maar die begin van die Pasga en die maaltyd val eintlik op die 15de, hoewel hierdie opeenvolging van gebeurtenisse nie in Eksodus uiteengesit word nie.” Hy het ook geskryf: “Die Rabbynse lektuur . . . beweer nie eers om vir ons te sê hoe die Seder [Pasgamaal] voor die vernietiging van die Tempel [in 70 HJ] gehou is nie.”—Ons kursiveer.

  • ‘Dit moet vir julle as ’n gedagtenis dien’
    Die Wagtoring — 2013 | Desember 15
    • WATTER DEEL VAN DIE DAG?

      Die Joodse kommentator Marcus Kalisch (1828-1885) het geskryf: “Dieselfde opinie is duideliker uitgespreek deur Ebn Ezra [bekende Spaanse rabbi, 1092-1167]: ‘Ons het twee aande; die eerste, wanneer die son sak . . . en die tweede, wanneer daar nie meer lig deur die wolke gereflekteer word nie; en tussen die twee is daar ’n periode van ongeveer ’n uur en twintig minute.’ Hierdie beskouing, wat blykbaar die logiesste vertolking is, word ook deur die Karaïete en die Samaritane gehuldig en is deur baie ander aangeneem.” Die beskouing dat die lam aan die begin van 14 Nisan geslag is, stem ooreen met die instruksie wat in Deuteronomium 16:6 aan die Israeliete gegee is, dat “die pasga” geoffer moes word “in die aand . . . sodra die son ondergaan, op die vasgestelde tyd van jou uittog uit Egipte”.—Eks. 30:8; Num. 9:3-5, 11.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel