Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “’n Tyd om te spreek”—Wanneer?
    Die Wagtoring – 1987 | September 1
    • Nog ’n Bybelse riglyn is in Levitikus 5:1 opgeteken: “En as iemand sondig—dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet—as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra.” Hierdie “luid uitgesproke beswering” was nie godslastering of vloekery nie. Dit het eerder dikwels voorgekom wanneer iemand wat veronreg is, geëis het dat enige moontlike getuies hom help om die reg te laat geskied deur vloeke af te roep—waarskynlik van Jehovah—op die een, dalk nog onbekend, wat hom veronreg het. Dit was ’n manier om ander onder eed te stel. Enige getuies van die onreg sou weet wie veronreg is en sou ’n verantwoordelikheid hê om na vore te kom om die skuldige uit te wys. Anders sou hulle ‘hulle ongeregtigheid moet dra’ voor Jehovah.b

      Ingevolge hierdie bevel van die Hoogste Gesagspeil in die heelal het elke Israeliet die verantwoordelikheid gehad om enige ernstige oortreding wat hy opgemerk het aan die regters te rapporteer, sodat die saak ondersoek kon word. Hoewel Christene nie streng onder die Mosaïese Wet is nie, is die beginsels daarvan steeds in die Christengemeente van toepassing. Daar kan dus tye wees wanneer ’n Christen verplig is om ’n saak onder die ouere manne se aandag te bring. Dit is weliswaar in baie lande onwettig om inligting in privaat verslae aan ongemagtigde persone te openbaar. Maar as ’n Christen ná biddende oorweging meen dat hy voor ’n situasie staan waar God se wet vereis dat hy, ongeag die eise van laer owerhede, rapporteer wat hy weet, is dit ’n verantwoordelikheid wat hy voor Jehovah op hom neem. Daar is tye wanneer ’n Christen ‘meer gehoorsaam aan God as aan die mense moet wees’.—Handelinge 5:29.

      Hoewel ede of plegtige beloftes nooit lig opgeneem moet word nie, kan daar tye wees wanneer beloftes wat aan mense gedoen is, in stryd is met die vereiste dat ons uitsluitlike toewyding aan ons God gee. Wanneer iemand ’n ernstige sonde pleeg, val hy in werklikheid onder ’n “luid uitgesproke beswering” van die veronregte Een, Jehovah God (Deuteronomium 27:26; Spreuke 3:33). Almal wat lede van die Christengemeente word, stel hulleself onder “eed” om die gemeente rein te hou deur wat hulle self doen en ook deur die manier waarop hulle ander help om rein te bly.

  • “’n Tyd om te spreek”—Wanneer?
    Die Wagtoring – 1987 | September 1
    • b In hulle Commentary on the Old Testament sê Keil en Delitzsch dat ’n mens hom aan sonde of oortreding skuldig sou maak as hy “van ’n ander se misdaad bewus was, hetsy hy dit gesien het of op enige ander manier gewis daarvan te wete gekom het, en derhalwe bekwaam was om as ’n getuie vir die skuldigbevinding van die misdadiger in die hof te verskyn, dit nie gedoen en nie gesê het wat hy gesien of uitgevind het nie, hoewel hy die plegtige eedoplegging van die regter by die openbare ondersoek van die misdaad gehoor het, toe alle aanwesiges wat enigiets van die saak geweet het, aangespoor is om as getuies na vore te kom”.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel