Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Is lewe vir jou so kosbaar as wat dit vir God is?
    ‘Hou julle in God se liefde’
    • 5, 6. Hoe het die Mosaïese Wet getoon dat bloed heilig sowel as kosbaar is? (Sien ook die venster “Respek vir die lewe van diere.”)

      5 Hierdie twee grondwaarhede is in die Mosaïese Wet weerspieël. Levitikus 17:10, 11 sê: “Wat enige man . . . betref . . . wat enige bloed eet—teen die siel wat die bloed eet, sal ek beslis my aangesig rig, en ek sal hom inderdaad uitroei onder sy volk uit. Want die siel van die vlees is in die bloed, en ek het dit vir julle op die altaar geplaas om vir julle siel versoening te doen, want die bloed doen versoening deur die siel wat daarin is.”a—Sien die venster “Die versoeningskrag van bloed.”

      DIE VERSOENINGSKRAG VAN BLOED

      In God se Woord word bloed gelykgestel aan lewe. Gevolglik kon ’n berouvolle sondaar in eertydse Israel ’n diereoffer op God se altaar bring in plaas daarvan om veroordeel te word omdat hy Jehovah se gebooie verbreek het (Levitikus 4:27-31). Hierdie offer het versoening gedoen vir sy sondes, maar net tydelik.

      Soos dit in die Bybel gebruik word, dra “versoening” die gedagte oor van “ruil” of “bedek”, net soos die regte deksel byvoorbeeld ’n houer behoorlik sal toemaak. Geen dier kon natuurlik die sondes van ’n mens volmaak “bedek”, of daarvoor versoening doen nie. Diereoffers het egter ’n skaduwee voorsien van die volmaakte soenoffer wat sou kom.—Hebreërs 10:1, 4.

      Daardie versoening is voorsien “deur middel van die offer van die liggaam van Jesus Christus, eens en vir altyd” (Hebreërs 10:10). Christus se volmaakte menselewe, wat verteenwoordig is deur sy “kosbare bloed, soos dié van ’n smetlose en vlekkelose lam”, het presies ooreengestem met die lewe wat Adam verloor het (1 Petrus 1:19). Daar is dus op ’n besonder pragtige en liefdevolle wyse aan die eise van geregtigheid voldoen, en ons “ewige verlossing” is moontlik gemaak.—Hebreërs 9:11, 12; Johannes 3:16; Openbaring 7:14.

  • Is lewe vir jou so kosbaar as wat dit vir God is?
    ‘Hou julle in God se liefde’
    • a Aangaande God se verklaring “die siel van die vlees is in die bloed” sê die tydskrif Scientific American: “Buiten die metaforiese gebruik is die stelling ook letterlik waar: elke soort bloedsel is noodsaaklik vir lewe.”

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel