Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hou jy jou oë op Jehovah?
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | Julie
    • 9. Watter instruksies het Moses ontvang, maar wat het hy gedoen? (Sien prent aan begin van artikel.)

      9 Hoe het Moses gereageer toe die mense in opstand gekom het? Hy het weer op Jehovah vertrou vir leiding. Maar hierdie keer het Jehovah nie vir hom gesê om die rots te slaan nie. Hy het vir Moses gesê om sy staf te neem, die mense by die groot rots bymekaar te kry en dan met die rots te praat (Num. 20:6-8). Maar Moses het nie met die rots gepraat nie. Hy het eerder so kwaad geword dat hy op die mense geskree het: “Hoor nou, julle opstandiges! Sal ons vir julle water uit hierdie groot rots laat kom?” Toe het hy die rots geslaan, nie net een keer nie, maar twee keer. — Num. 20:10, 11.

  • Hou jy jou oë op Jehovah?
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | Julie
    • HOE MOSES IN OPSTAND GEKOM HET

      12. Wat is dalk nog ’n rede waarom Jehovah vir Moses en Aäron kwaad geword het?

      12 Daar is dalk nog ’n rede waarom Jehovah vir Moses en Aäron kwaad geword het. Let op wat Moses vir die mense gesê het: “Sal ons vir julle water uit hierdie groot rots laat kom?” Moses het heel waarskynlik van homself en Aäron gepraat toe hy die woord “ons” gebruik het. Wat hy gesê het, het gewys dat hy Jehovah nie die eer vir hierdie wonderwerk gegee het nie. Dit lyk asof hierdie moontlikheid deur die woorde in Psalm 106:32, 33 ondersteun word. Dit sê: “Verder het hulle by die waters van Meriba toorn verwek, sodat dit met Moses sleg gegaan het weens hulle. Want hulle het sy gees verbitterd laat word, en hy het onbesonne met sy lippe begin praat” (Num. 27:14).c Wat ook al die geval was, Moses se optrede het veroorsaak dat Jehovah nie die eer ontvang het wat hy verdien het nie. Daarom het Jehovah vir Moses en Aäron gesê: “Julle [het] in opstand gekom . . . teen my bevel” (Num. 20:24). Dit was ’n baie ernstige sonde!

      13. Hoekom was die manier waarop Jehovah Moses gestraf het, reg en regverdig?

      13 Moses en Aäron het die verantwoordelikheid gehad om Jehovah se volk te lei, en daarom het Hy meer van hulle verwag (Luk. 12:48). Jare vroeër het Jehovah ’n hele generasie Israeliete gestraf omdat hulle in opstand gekom het. Hy het hulle nie toegelaat om die land Kanaän binne te gaan nie (Num. 14:26-30, 34). Daarom was dit reg en regverdig dat Jehovah Moses op dieselfde manier gestraf het toe hy in opstand gekom het. Net soos die ander wat in opstand gekom het, is hy ook nie toegelaat om die Beloofde Land binne te gaan nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel