-
Vrae van lesersDie Wagtoring – 2000 | Oktober 15
-
-
Jehovah, aan wie ons ons lewe verskuldig is, het bepaal dat bloed nie ingeneem mag word nie (Genesis 9:3, 4). In die Wet vir eertydse Israel het God die gebruik van bloed beperk omdat dit lewe verteenwoordig. Hy het bepaal: “Die siel [of lewe] van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen.” Sê nou ’n man het ’n dier doodgemaak om dit te eet? God het gesê: “Hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak” (Levitikus 17:11, 13).a Jehovah het hierdie gebod oor en oor herhaal (Deuteronomium 12:16, 24; 15:23). Die Joodse Soncino Chumash sê: “Die bloed moet nie opgeberg word nie, maar ongeskik vir inname gemaak word deur dit op die grond uit te gooi.” Geen Israeliet moes die bloed van ’n ander skepsel, wie se lewe aan God behoort het, opvang, opberg en gebruik nie.
-
-
Vrae van lesersDie Wagtoring – 2000 | Oktober 15
-
-
Soms sal ’n dokter ’n pasiënt aanspoor om weke voor die operasie sy eie bloed te gee (preoperatiewe outoloë bloedskenking, oftewel POB) sodat hy die pasiënt ’n oortapping van sy eie opgebergde bloed kan gee, indien dit nodig sou wees. Maar om bloed so af te tap, op te berg en oor te tap, is direk in stryd met wat in Levitikus en Deuteronomium gesê word. Bloed mag nie opgeberg word nie; dit moet uitgegooi word—as ’t ware aan God teruggegee word. Die Mosaïese Wet is weliswaar nie nou van krag nie. Maar Jehovah se Getuies respekteer die beginsels wat God daarin ingesluit het, en hulle is vasbeslote om hulle ‘van bloed te onthou’. Derhalwe skenk ons nie bloed nie en sal ons ook nie ons bloed, wat ‘uitgegooi’ moet word, vir oortapping opberg nie. Hierdie gebruik is in stryd met God se wet.
-
-
Vrae van lesersDie Wagtoring – 2000 | Oktober 15
-
-
a Professor Frank H. Gorman skryf: “Die uitgieting van die bloed word duidelik verstaan as ’n daad van eerbied wat respek vir die lewe van die dier toon, en dus respek vir God toon, wat daardie lewe geskep het en voortgaan om dit te onderhou.”
-