-
Wie is die engele en wat doen hulle?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
5. Bly weg van spiritisme af
Satan en die demone is Jehovah se vyande. Hulle is ook ons vyande. Lees Lukas 9:38-42, en bespreek dan hierdie vraag:
Wat doen die demone aan mense?
Ons wil nie toelaat dat die demone ons beïnvloed nie. Lees Deuteronomium 18:10-12, en bespreek dan hierdie vrae:
Op watter maniere probeer die demone ons beïnvloed en met ons kommunikeer? Watter demoniese gebruike is algemeen waar jy bly?
Dink jy dat dit goed is dat Jehovah sê dat ons moet wegbly van spiritistiese gebruike af? Hoekom?
Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.
Dink jy dat die bandjie wat Palesa se dogtertjie gedra het, ’n slegte ding was? Hoekom?
Wat moes Palesa doen om teen die demone beskerm te word?
Regte Christene het nog altyd die demone teëgestaan. Lees Handelinge 19:19 en 1 Korintiërs 10:21, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoekom is dit belangrik om enige iets wat jy het wat met spiritisme te doen het, te vernietig?
-
-
Wat gebeur wanneer ons sterf?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
2. Hoe help dit ons wanneer ons die waarheid oor die dood weet?
Baie mense is bang om dood te gaan – en selfs bang vir die dooies! Maar jy kan vertroos word deur wat die Bybel oor die dood sê. Jesus het gesê: “Die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32). Party godsdienste leer dat ’n persoon ’n siel het wat aanhou lewe nadat hy gesterf het, maar dit is nie wat die Bybel leer nie. So niemand ly nadat hulle gesterf het nie. En omdat die dooies nie van enige iets weet nie, kan hulle niks slegs aan ons doen nie. Daarom hoef ons nie die dooies te aanbid of dinge te doen sodat hulle nie vir ons kwaad sal wees nie, en ons hoef ook nie vir hulle te bid nie.
Party mense sê dat hulle met die dooies kan kommunikeer. Maar dit is onmoontlik. Ons het nou net geleer dat die dooies “absoluut niks [weet] nie”. Mense wat dink dat hulle kommunikeer met familie en vriende wat gesterf het, kommunikeer dalk eintlik met demone wat maak asof hulle mense is wat gesterf het. So wanneer ons weet wat die waarheid oor die dood is, beskerm dit ons teen die demone. Jehovah waarsku ons en sê dat ons nie met die dooies moet probeer kommunikeer nie, want hy weet dat kontak met die demone vir ons sleg sal wees. – Lees Deuteronomium 18:10-12.
-