Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Bou vertroue in Jehovah op—deur sy Woord ywerig te bestudeer
    Die Wagtoring – 1988 | Augustus 15
    • 2 Moses het dus die nasie op die golwende vlaktes van Moab byeengeroep. Na hy hulle volksgeskiedenis hersien en God se Wet herhaal het, het Moses sy sogenaamd voortreflike komposisie gelewer. In puik digterlike taal het hy Israel aangespoor om Jehovah, “die getroue God, sonder onreg, . . . regverdig en betroubaar”, te vertrou en te gehoorsaam. Ten slotte het Moses gemaan: “Neem al die woorde waarmee ek julle vandag vermaan het, ter harte. Julle moet julle kinders beveel om dit te gehoorsaam en te lewe volgens hierdie hele wet. Dit is nie ’n geringe saak vir julle nie, dit is die lewe vir julle.”—Deuteronomium 32:4, 46, 47, NAV.

      Hoe hulle God se Woord ‘ter harte moes neem’

      3, 4. (a) Wat moes die Israeliete ‘ter harte neem’, en wat het dit behels? (b) Hoe het latere geslagte Moses se raad toegepas?

      3 Moses het die Israeliete gemaan om nie net sy aangrypende lied ‘ter harte te neem’ nie, maar al die heilige geskrifte. Hulle moes ‘ag gee op’ (AB) God se Wet, dit “gewis gehoorsaam” (Today’s English Version) of daaroor “peins” (The Living Bible). Slegs deur deeglik daarmee vertroud te wees, kon hulle ‘hulle kinders beveel om die hele wet te gehoorsaam en daarvolgens te lewe’. Moses het in Deuteronomium 6:6-8 geskryf: “Hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp . . . Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.”

  • Bou vertroue in Jehovah op—deur sy Woord ywerig te bestudeer
    Die Wagtoring – 1988 | Augustus 15
    • Voorsienings om God se Wet te leer

      6, 7. (a) Watter voorsienings het Jehovah gemaak om die Israeliete vertroud te maak met die Mosaïese Wet? (b) Hoe was dit dalk ook moontlik vir God se volk in die ou tyd om in God se Woord onderrig te word?

      6 Maar hoe kon die Israeliete die sowat 600 insettinge van die Wet leer? Kopieë daarvan was aan die begin ongetwyfeld skaars. Die toekomstige koning van Israel moes “vir hom ’n afskrif van hierdie wet in ’n boek skrywe, . . . en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet . . . te hou” (Deuteronomium 17:18, 19). God het gereël dat die Wet elke sewende jaar by die huttefees gelees word (Deuteronomium 31:10-13). Hoewel so ’n geleentheid ongetwyfeld opbouend was, was dit te selde om ’n diepgaande kennis oor te dra.

      7 Jehovah het ook gereël vir die stam van Levi om ‘Jakob God se verordeninge te leer en Israel God se wet’. (Deuteronomium 33:8, 10; vergelyk Maleagi 2:7.) By party geleenthede het die Leviete onderrigtingsveldtogte onderneem waartydens die hele nasie onderrig is (2 Kronieke 17:7-9; Nehemia 8:8-10). Blykbaar het ten minste dele van God se Woord mettertyd ook vir mense in die algemeen beskikbaar geword.a Die psalmis kon derhalwe skryf: “Welgeluksalig is die man . . . [wie se] behae . . . in die wet van die HERE [is], en hy oordink sy wet dag en nag” (Psalm 1:1, 2). Moses se vermaning dat ‘hulle God se Woord ter harte neem’, het dus neergekom op ’n bevel om ’n ywerige studie van die Bybel te maak.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel