-
Sy is “deur werke regverdig verklaar”Die Wagtoring — 2013 | November 1
-
-
RAGAB, DIE PROSTITUUT
Ragab was ’n prostituut. In die verlede het hierdie feit party Bybelkommentators so geskok dat hulle beweer het dat sy bloot die eienares van ’n herberg was. Maar die Bybel verbloem nie die feite nie (Josua 2:1; Hebreërs 11:31; Jakobus 2:25). In die Kanaänitiese samelewing is Ragab se beroep waarskynlik as aanvaarbaar beskou. Maar die blote feit dat iets in ’n mens se kultuur aanvaarbaar is, beteken nie dat dit jou gewete—die innerlike sin vir reg en verkeerd wat Jehovah aan ons almal gegee het—nie sal kwel nie (Romeine 2:14, 15). Ragab het haar moontlik geskaam oor haar lewenswyse. Soos baie ander wat vandag so ’n lewe lei, het sy miskien gevoel dat sy vasgevang is, dat sy geen ander keuse het as sy vir haar familielede wil sorg nie.
-
-
Sy is “deur werke regverdig verklaar”Die Wagtoring — 2013 | November 1
-
-
SY HET DIE SPIOENE ONTVANG
Eendag, ’n ruk voordat Israel om Jerigo getrek het, het twee vreemdelinge voor Ragab se deur gestaan. Die twee manne het gehoop dat hulle nie gesien sou word nie, maar in hierdie stad waar die atmosfeer so gespanne was, was baie op die uitkyk na enigiemand wat Israelitiese spioene kon wees. Die oplettende Ragab was moontlik gou om haar eie gevolgtrekkings te maak. Dit was niks ongewoons dat vreemde manne na haar deur toe gekom het nie, maar hierdie twee wou net verblyf hê—nie die dienste van ’n prostituut nie.
-