Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe jy ware vriende kan maak
    Die Wagtoring – 1987 | September 15
    • As gevolg van hongersnood het ’n man van Juda met sy vrou, Naomi, na Moab getrek. Mettertyd het hy gesterf. Sy twee seuns het later met die Moabitiese meisies Rut en Orpa getrou. Toe het die seuns gesterf en drie weduwees alleen nagelaat. Die moeder, Naomi, het besluit om na Juda terug te keer en haar twee skoondogters het saam met haar vertrek. Langs die pad het Naomi egter by die jong vroue aangedring om terug te gaan en met een van hulle volksgenote te trou. Orpa het dit gedoen, maar Rut het daarop aangedring om saam met Naomi te gaan. Waarom? Omdat sy veel meer as ’n skoondogter was; sy was ook ’n ware vriendin. Haar jammerhartige geaardheid sou haar vereers nie toelaat om die bejaarde weduwee, wat van haar gesin beroof is, alleen verder te laat gaan nie.—Rut 1:1-17.

      Rut het ware empatie, goedhartigheid, lojaliteit en liefde betoon. Daardie eienskappe vorm die vaste grondslag van ware vriendskap. Daar was egter nog ’n faktor in Rut se verhouding met Naomi.

      Vriendskap op ’n hoër vlak

      Toe Naomi by haar aangedring het om terug te gaan, het Rut gesê: “Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat . . . nie; want waar u gaan, sal ek gaan; . . . u volk is my volk, en u God is my God” (Rut 1:16). Naomi het Rut, wat voorheen ’n heidin was, gehelp om die ware God, Jehovah te ken en lief te hê. Hulle gemeenskaplike geloof het ’n kragtige, geestelike band geword wat die twee vroue as ware vriendinne na mekaar getrek het. En Jehovah het hulle met ’n nuwe gesin geseën. Na verloop van tyd is Rut met Boas, ’n vermoënde grondeienaar in Juda, getroud en het hulle ’n seun genaamd Obed gehad wat die grootvader van koning Dawid geword het.—Rut 4:13-22; Mattheüs 1:5, 6.

      Hierdie geestelike faktor plaas vriendskap op ’n hoër vlak. Hoe? In die geval van Rut en Naomi was albei aanbidders van Jehovah, ’n “barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou” (Exodus 34:6). “God is liefde” en as ons hom opreg in gees en waarheid aanbid, sal ons liefde vir hom en medeskepsele gewis toeneem (1 Johannes 4:8; Johannes 4:24). Sodoende verander ons. Ons ontwikkel ’n vriendelike belangstelling in ander, veral in die sagmoedige, lydende mense van alle rasse. Introverte word dus minder egosentries. Selfsugtige mense ontwikkel besorgdheid oor ander. Ons begin om die vrug van God se gees te openbaar—“liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing”.—Galasiërs 5:22.

  • Hoe jy ware vriende kan maak
    Die Wagtoring – 1987 | September 15
    • [Prent op bladsy 7]

      Rut wou Naomi nie in die steek laat nie omdat hulle vriendskap ’n vaste geestelike grondslag gehad het. Het jy sulke ware vriende?

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel