Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Sy het goeie oordeel aan die dag gelê
    Volg hulle geloof na
    • 10 Hoe het hierdie hardwerkende soldate die herders behandel? Dit sou vir hulle maklik gewees het om nou en dan ’n skaap te vat, maar hulle het dit nie gedoen nie. Inteendeel, hulle was soos ’n beskermende muur om Nabal se kuddes en knegte. (Lees 1 Samuel 25:15, 16.) Skape en herders was aan baie gevare blootgestel. Dit het gewemel van roofdiere, en Israel se suidelike grens was so naby dat daar dikwels invalle deur uitlandse rowerbendes en diewe was.b

  • Sy het goeie oordeel aan die dag gelê
    Volg hulle geloof na
    • b Dawid het dit waarskynlik as ’n diens aan Jehovah God beskou om die plaaslike grondeienaars en hulle kuddes te beskerm. Dit was destyds Jehovah se voorneme dat die nakomelinge van Abraham, Isak en Jakob in daardie land woon. Om die land teen invallers en rowerbendes te beskerm, was dus ’n vorm van heilige diens.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel