Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wanneer “’n gebroke en verbryselde hart” vergifnis soek
    Die Wagtoring — 2010 | Mei 1
    • Om te verhoed dat Dawid homself probeer verontskuldig, vertel Natan hom ’n storie wat beslis die hart van ’n voormalige herder sal bereik. Dit handel oor twee mans, een ryk en een arm. Die ryk man “het ’n baie groot aantal skape en beeste gehad”, maar die arm man het niks gehad nie, “behalwe een ooilam”. Die ryk man het ’n besoeker gekry en wou ’n ete voorberei. In plaas daarvan om een van sy eie skape te gebruik, het hy die arm man se enigste lam gevat. Dawid dink klaarblyklik dat die storie waar is en roep woedend uit: “Die man wat dit doen, verdien om te sterf!” Waarom? “Omdat hy nie medelye gehad het nie”, verduidelik Dawid.a—Verse 2-6.

  • Wanneer “’n gebroke en verbryselde hart” vergifnis soek
    Die Wagtoring — 2010 | Mei 1
    • a Om ’n lam vir ’n besoeker voor te berei, was ’n gebaar van gasvryheid. Maar om ’n lam te steel, was ’n misdaad, waarvoor die oortreder viervoudig moes vergoed (Eksodus 22:1). Uit Dawid se oogpunt het die ryk man genadeloos opgetree deur die lam te vat. Hy het die arm man sodoende ontneem van ’n dier wat vir sy gesin melk en wol kon voorsien het en selfs die begin van ’n kudde skape kon gewees het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel