-
Jerusalem in Bybeltye—Wat openbaar die argeologie?Die Wagtoring – 1997 | Junie 15
-
-
Naby hierdie struktuur is die ingange van die stad se eertydse waterstelsels, waarvan sommige dele blykbaar uit Dawid se tyd dateer. Party verklarings in die Bybel oor Jerusalem se watertonnelstelsel het vrae laat ontstaan. Dawid het byvoorbeeld vir sy manne gesê: “Laat enigeen wat die Jebusiete doodslaan deur middel van die watertonnel in aanraking kom [met die vyand]” (2 Samuel 5:8, NW). Dawid se bevelvoerder Joab het dit gedoen. Presies wat word bedoel met die “watertonnel”?
-
-
Jerusalem in Bybeltye—Wat openbaar die argeologie?Die Wagtoring – 1997 | Junie 15
-
-
Geleerdes erken al lank dat die Gihonfontein die eertydse stad se hoofwaterbron was. Dit was buite die stadsmure geleë, maar naby genoeg sodat ’n tonnel en ’n skag van 11 meter diep uitgegrawe kon word, wat die inwoners in staat sou stel om water te kry sonder om buite die beskermende mure te gaan. Dit staan bekend as Warren se Skag en is na Charles Warren vernoem, wat die stelsel in 1867 ontdek het. Maar wanneer is die tonnel en skag gemaak? Het dit in Dawid se tyd bestaan? Is dit die watertonnel wat Joab gebruik het? Dan Gill antwoord: “Ons het ’n fragment van die kalkagtige kors van die oneffe wande vir koolstof-14 getoets om te bepaal of Warren se Skag eintlik ’n natuurlike sinkgat is. Dit het niks bevat nie, wat aandui dat die kors meer as 40000 jaar oud is: Dit voorsien onteenseglike bewys dat die skag nie deur mense gegrawe kon gewees het nie.”
-