-
Hy was waaksaam en het gewagDie Wagtoring — 2008 | April 1
-
-
Elia het na Agab toe gegaan en gesê: “Gaan op, eet en drink; want daar is die geluid van die gedruis van ’n stortreën” (Vers 41). Het hierdie goddelose koning enigiets uit die dag se gebeure geleer? Die verslag sê nie spesifiek nie, maar ons vind hier geen woorde van berou nie, geen versoek dat die profeet hom moet help om Jehovah te nader en vergifnis te vra nie. Nee, Agab het eenvoudig “opgegaan om te eet en te drink” (Vers 42). Wat van Elia?
-
-
Hy was waaksaam en het gewagDie Wagtoring — 2008 | April 1
-
-
Elia het gretig na bewyse gesoek dat Jehovah weldra sou optree, en daarom het hy sy dienaar opgestuur na ’n uitkykpunt om die horison te bespied vir enige tekens van naderende reën. Toe die dienaar terugkom, het hy ongeesdriftig gesê: “Daar is hoegenaamd niks.” Die horison was skoon, en daar was klaarblyklik nie ’n wolkie in die lug nie. Het jy egter iets ongewoons opgemerk? Onthou dat Elia pas tevore vir koning Agab gesê het: “Daar is die geluid van die gedruis van ’n stortreën.” Hoe kon die profeet so iets sê as daar geen teken van reënwolke was nie?
Elia het geweet van Jehovah se belofte. As Jehovah se profeet en verteenwoordiger was hy seker dat sy God Sy woord sou vervul. Elia se vertroue was so groot dat hy as ’t ware reeds die stortreën kon hoor. Dit laat ons moontlik dink aan die Bybel se beskrywing van Moses: “Hy het standvastig gebly asof hy die Onsigbare sien.” Is God so werklik vir jou? Hy voorsien ons van oorgenoeg rede om sulke geloof in hom en sy beloftes te stel.—Hebreërs 11:1, 27.
-