Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hy het vertroosting in sy God gevind
    Volg hulle geloof na
    • 20, 21. (a) Beskryf wat Elia vanuit die ingang van die grot op die berg Horeb gesien het. (b) Wat het Jehovah se vertonings van krag Elia geleer?

      20 Hoe het Jehovah op Elia se vrese en kwellinge gereageer? Die engel het vir Elia gesê om by die ingang van die grot te gaan staan. Hy het dit gedoen, al het hy nie geweet wat gaan gebeur nie. ’n Sterk wind het opgekom! Dit moes ’n oorverdowende geraas gemaak het, want dit was so kragtig dat dit berge en rotse uitmekaargeskeur het. Stel jou voor hoe Elia sy oë probeer beskerm en terselfdertyd sy swaar, growwe kleed van hare vashou terwyl die wind daaraan ruk en pluk. Toe moes hy sukkel om op sy voete te bly, want die grond het begin dein en skud—’n aardbewing het die streek getref! Hy het beswaarlik tot verhaal gekom toe ’n groot vuur verbykom, wat hom in die grot teruggedwing het om weg te kom van die versengende hitte.—1 Kon. 19:11, 12.

      Elia staan by die opening van ’n grot en beskerm homself teen die vuur

      Jehovah het sy ontsagwekkende krag gebruik om Elia te vertroos en aan te moedig

      21 In al drie gevalle herinner die verslag ons daaraan dat Jehovah nie in hierdie skouspelagtige vertonings van natuurkrag te vinde was nie. Elia het geweet dat Jehovah nie die een of ander mitiese natuurgod is nie, soos Baäl, wat deur sy misleide aanbidders die “ruiter van die wolke”, oftewel bringer van reën, genoem is. Jehovah is die ware Bron van al die ontsagwekkende krag wat in die natuur gevind word, maar hy is ook oneindig groter as enigiets wat hy gemaak het. Selfs die fisiese hemele kan hom nie bevat nie! (1 Kon. 8:27). Hoe het dit alles Elia gehelp? Dink aan hoe bang hy was. Met ’n God soos Jehovah aan sy kant, ’n God wat al daardie oorweldigende krag tot Sy beskikking het, het Elia geen rede gehad om Agab en Isebel te vrees nie!—Lees Psalm 118:6.

      22. (a) Hoe het die “kalm, sagte stem” Elia verseker dat hy allesbehalwe waardeloos is? (b) Wie was moontlik die bron van die “kalm, sagte stem”? (Sien die voetnoot.)

      22 Ná die vuur het ’n stilte neergedaal en het Elia “’n kalm, sagte stem” gehoor. Dit het Elia genooi om weer sy gedagtes uit te spreek, en hy het dit gedoen; hy het ’n tweede keer aan sy kwellinge uiting gegee.a Miskien het dit hom verdere verligting gebring. Maar Elia het ongetwyfeld selfs meer vertroosting geput uit wat die “kalm, sagte stem” toe vir hom gesê het. Jehovah het Elia verseker dat hy allesbehalwe waardeloos is. Hoe so? God het baie oor sy langtermynvoorneme in verband met die stryd teen Baälaanbidding in Israel geopenbaar. Dit was duidelik dat Elia se werk nie tevergeefs was nie, want God se voorneme het onstuitbaar vooruitbeweeg. Verder het Elia nog steeds ’n rol in daardie voorneme gespeel, want Jehovah het hom met spesifieke instruksies teruggestuur om sy werk voort te sit.—1 Kon. 19:12-17.

  • Hy het vertroosting in sy God gevind
    Volg hulle geloof na
    • a Die bron van hierdie “kalm, sagte stem” was moontlik dieselfde gees wat gebruik is om “Jehovah se woord” oor te dra wat in 1 Konings 19:9 genoem word. In vers 15 word daar eenvoudig na hierdie gees verwys as “Jehovah”. Dit laat ons miskien dink aan die geespersoon wat Jehovah gebruik het om Israel in die wildernis te lei en van wie God gesê het: “My naam is in hom” (Eks. 23:21). Ons kan natuurlik nie dogmaties wees hieroor nie, maar dit is opmerkenswaardig dat Jesus in sy voormenslike bestaan gedien het as “die Woord”, die spesiale Woordvoerder aan Jehovah se knegte.—Joh. 1:1.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel