Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ’n Koning se geloof word beloon
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 4, 5. (a) Hoe het Hiskia sy onafhanklikheid van Assirië getoon? (b) Watter militêre stappe het Sanherib teen Juda gedoen, en wat doen Hiskia om ’n onmiddellike aanval teen Jerusalem te voorkom? (c) Hoe berei Hiskia voor om Jerusalem teen die Assiriërs te beskerm?

      4 Swaar beproewinge lê vir Jerusalem voor. Hiskia het ’n bondgenootskap gebreek wat sy ontroue vader, Agas, met die Assiriërs aangegaan het. Hy het selfs die Filistyne onderwerp, wat bondgenote van Assirië is (2 Konings 18:7, 8). Dit het die koning van Assirië baie kwaad gemaak. Gevolglik lees ons: “In die veertiende jaar van koning Hiskia het Sanherib, die koning van Assirië, teen al die versterkte stede van Juda opgetrek en hulle verower” (Jesaja 36:1). Hiskia hoop moontlik om Jerusalem teen ’n onmiddellike aanval deur die genadelose Assiriese leër te beskerm en stem in om Sanherib die ontsaglike som van 300 silwer talente en 30 goue talente te betaal.a—2 Konings 18:14.

      5 Aangesien daar nie genoeg goud en silwer in die koninklike skatkamer is om die skatting te betaal nie, haal Hiskia soveel kosbare metaal as wat hy kan uit die tempel. Hy sny ook die tempeldeure, wat met goud oorgetrek is, af en stuur dit aan Sanherib. Dit stel die Assiriër tevrede, maar net vir ’n rukkie (2 Konings 18:15, 16). Hiskia besef klaarblyklik dat die Assiriërs Jerusalem nie lank sal uitlos nie. Daarom moet hy voorbereidsels tref. Die volk stop waterbronne toe wat die invallende Assiriërs van water kan voorsien. Hiskia versterk ook die verskansings van Jerusalem en bou ’n arsenaal wapens op, wat “werpspiese in oorvloed en skilde” insluit.—2 Kronieke 32:4, 5.

  • ’n Koning se geloof word beloon
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • a Meer as R60 miljoen teen hedendaagse waardes.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel