Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Sy het opgekom vir God se volk
    Volg hulle geloof na
    • 18. (a) Waarom het Mordegai moontlik geweier om voor Haman neer te buig? (Sien ook die voetnoot.) (b) Hoe volg manne en vroue van geloof vandag Mordegai se voorbeeld?

      18 ’n Man met die naam Haman het ’n prominente posisie in Ahasveros se hof verkry. Die koning het hom as eerste minister aangestel, wat beteken het dat Haman sy hoofraadgewer en tweede in bevel in die ryk was. Die koning het selfs beveel dat almal wat hierdie amptenaar sien, voor hom moet neerbuig (Est. 3:1-4). Hierdie wet het vir Mordegai ’n probleem geskep. Hy het geglo dat hy aan die koning gehoorsaam moet wees, maar nie ten koste van eerbied teenoor God nie. Hou in gedagte dat Haman ’n Agagiet was. Dit beteken blykbaar dat hy ’n nakomeling was van Agag, die Amalekitiese koning wat deur God se profeet Samuel tereggestel is (1 Sam. 15:33). Die Amalekiete was so goddeloos dat hulle vyande van Jehovah en Israel geword het. As ’n volk is die Amalekiete deur God veroordeel (Deut. 25:19).c Hoe kon ’n getroue Jood voor ’n Amalekiet neerbuig? Mordegai kon nie. Hy het voet by stuk gehou. Vandag nog plaas manne en vroue van geloof hulle lewe op die spel deur getrou te bly aan hierdie beginsel: “Ons moet eerder aan God as heerser gehoorsaam wees as aan mense.”—Hand. 5:29.

  • Sy het opgekom vir God se volk
    Volg hulle geloof na
    • c Haman was moontlik een van die allerlaaste Amalekiete, aangesien “die oorblyfsel” van hulle in die dae van koning Hiskia uitgeroei is.—1 Kron. 4:43.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel