Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe kan ons skoon en rein wees in God se oë?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 2. Watter gewoontes moet ons vermy as ons rein wil wees?

      Die Bybel moedig ons aan om ons te “reinig van alles wat liggaam en gees besoedel” (2 Korintiërs 7:1). Dit beteken dat ons moet wegbly van enige iets wat ons liggaam of ons verstand sal besoedel. Ons gedagtes moet vir Jehovah aangenaam wees, en daarom doen ons ons bes om verkeerde gedagtes te verwerp (Psalm 104:34). Ons probeer ook hard om rein taal te gebruik. – Lees Kolossense 3:8.

      Wat kan ons nog fisies of sedelik onrein maak? Party dinge kan ons liggaam besoedel. Daarom gebruik ons nie tabak of onwettige dwelms nie, en ons misbruik ook nie medikasie nie. As ons van hierdie dinge af wegbly, is ons gesonder en wys ons dat ons respek vir die geskenk van lewe het. Ons probeer ook om sedelik rein te wees deur te veg teen onrein gewoontes, soos masturbasie en om pornografie te kyk (Psalm 119:37; Efesiërs 5:5). Dit kan moeilik wees om hierdie gewoontes af te leer, maar Jehovah kan ons help om dit te doen. – Lees Jesaja 41:13.

  • Hoe kan ons skoon en rein wees in God se oë?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 5. Veg teen onrein gedagtes en gewoontes

      Lees Kolossense 3:5, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe weet ons dat pornografie, sexting en masturbasie onrein in Jehovah se oë is?

      • Dink jy dat ons sedelik rein kan wees, soos Jehovah van ons verwag? Hoekom?

      Vind uit hoe om teen onrein gedagtes te veg. Speel die VIDEO.

      VIDEO: Tree op om rein te bly (1:51)

      Jesus het ’n illustrasie gebruik om te wys dat ons moet optree en moet doen wat nodig is om sedelik rein te bly. Lees Matteus 5:29, 30, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Jesus het nie gesê dat ons onsself fisies moet seermaak nie, maar hy het wel gesê dat ons moet optree. Wat kan ’n persoon doen om onrein gedagtes te vermy?b

      As jy probeer om van onrein gedagtes ontslae te raak, moet jy onthou dat Jehovah dit waardeer. Lees Psalm 103:13, 14, en bespreek dan hierdie vraag:

      • As jy met ’n onrein gewoonte sukkel, hoe moedig hierdie vers jou aan om aan te hou veg?

      Moenie opgee nie!

      Dit kan maklik wees om te dink: ‘Ek het dit nie reggekry nie, so ek kan net sowel opgee.’ Maar dink hieraan: Net omdat ’n hardloper struikel en val, beteken dit nie dat hy die wedloop verloor het nie, en hy hoef ook nie weer van voor af te begin nie. Net so beteken dit nie dat jy die geveg teen die slegte gewoonte verloor het as jy ’n terugslag het nie. En dit beteken ook nie dat al die vordering wat jy gemaak het, niks beteken nie of dat jy weer van voor af moet begin nie. Om ’n terugslag te hê, is normaal. Moenie opgee nie! Jehovah kan jou help om die slegte gewoonte af te leer.

      ’n Hardloper in ’n wedloop staan op nadat hy geval het.
Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel