-
Is jy verkwikkend vir ander?Die Wagtoring – 2007 | November 15
-
-
Is jy verkwikkend vir ander?
AAN die suidelike punt van die Anti-Libanon-bergreeks staan die berg Hermon, met sy majestueuse piek wat 2 814 meter bo seespieël uitrys. Hermon se piek is vir die grootste deel van die jaar met sneeu bedek, en dit veroorsaak dat die warm, vogtige naglug wat daaroor beweeg, kondenseer en dou vorm. Die dou daal neer op die denne- en vrugtebome op die laer hange en op die wingerde verder ondertoe. Gedurende die lang, droë seisoen in eertydse Israel was sulke verkwikkende dou die hoofbron van vog vir die plantegroei.
In ’n goddelik geïnspireerde lied word die verkwikkende eenheid onder Jehovah se aanbidders vergelyk met “die dou van Hermon wat op die berge van Sion neerdaal” (Psalm 133:1, 3). Net soos die berg Hermon verkwikkende dou vir die plantegroei voorsien, kan ons verkwikkend wees vir dié wat ons ontmoet. Hoe kan ons dit doen?
-
-
Is jy verkwikkend vir ander?Die Wagtoring – 2007 | November 15
-
-
[Prente op bladsy 16]
Die dou van die berg Hermon —’n verkwikkende bron van vog vir die plantegroei
-