Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah se grootheid is ondeurgrondelik
    Die Wagtoring – 2004 | Januarie 15
    • God se ander voortreflike eienskappe

      20, 21. (a) Psalm 145:7-9 beklemtoon Jehovah se grootheid met betrekking tot watter eienskappe? (b) Watter uitwerking het God se eienskappe wat hier gemeld word, op almal wat hom liefhet?

      20 Soos ons gesien het, gee die eerste ses verse van Psalm 145 ons gegronde redes om Jehovah te loof vir dinge wat verband hou met sy ondeurgrondelike grootheid. Verse 7 tot 9 beklemtoon God se grootheid deur na sy ander voortreflike eienskappe te verwys. Dawid sing: “Hulle sal die vermelding van u oorvloedige goedheid laat uitborrel, en weens u regverdigheid sal hulle met vreugde uitroep. Jehovah is genadig en barmhartig, word nie gou toornig nie en is groot in liefderyke goedhartigheid. Jehovah is goed vir almal, en sy barmhartighede is oor al sy werke.”

      21 Hier vestig Dawid eerstens die aandag op Jehovah se goedheid en regverdigheid—eienskappe wat Satan die Duiwel bevraagteken het. Watter uitwerking het hierdie eienskappe op almal wat God liefhet en hulle aan sy heerskappy onderwerp? Jehovah se goedheid en die regverdige manier waarop hy regeer, verskaf sy aanbidders soveel blydskap dat hulle eenvoudig nie kan ophou om sy lof te laat uitborrel nie. Wat meer is, Jehovah bewys sy goedheid aan “almal”. Hopelik sal dit nog baie ander help om berou te toon en aanbidders van die ware God te word voordat dit te laat is.—Handelinge 14:15-17.

      22. Hoe behandel Jehovah sy knegte?

      22 Dawid het ook die eienskappe waardeer wat God self beklemtoon het toe Hy “voor [Moses se] aangesig verbygegaan en uitgeroep [het]: ‘Jehovah, Jehovah, ’n barmhartige en genadige God, wat nie gou toornig word nie en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid en waarheid’” (Eksodus 34:6). Daarom kon Dawid sê: “Jehovah is genadig en barmhartig, word nie gou toornig nie en is groot in liefderyke goedhartigheid.” Hoewel Jehovah ondeurgrondelik groot is, verleen hy waardigheid aan sy aardse knegte deur genadig teenoor hulle te wees. Hy is vol barmhartigheid, bereid om berouvolle sondaars te vergewe op grond van Jesus se losprysoffer. Jehovah word ook nie gou toornig nie, want hy gee sy knegte die geleentheid om swakhede te oorkom wat kan verhinder dat hulle sy nuwe wêreld van regverdigheid beërf.—2 Petrus 3:9, 13, 14.

  • Jehovah is groot in lojale liefde
    Die Wagtoring – 2004 | Januarie 15
    • Jehovah is groot in lojale liefde

      “Jehovah is . . . groot in liefderyke goedhartigheid.”—PSALM 145:8.

      1. Hoe verreikend is God se liefde?

      “GOD is liefde” (1 Johannes 4:8). Daardie treffende uitdrukking bewys dat Jehovah se heerskappy op liefde gegrond is. Trouens, selfs mense wat hom nie gehoorsaam nie, vind baat by die son en reën wat hy liefdevol voorsien! (Matteus 5:44, 45). Weens God se liefde vir die mensdom kan selfs sy vyande berou toon, hulle tot hom wend en die lewe verkry (Johannes 3:16). Maar Jehovah gaan verstokte goddeloses binnekort vernietig sodat diegene wat hom liefhet, die ewige lewe in ’n regverdige nuwe wêreld kan geniet.—Psalm 37:9-11, 29; 2 Petrus 3:13.

      2. Watter spesiale aspek van liefde betoon Jehovah teenoor diegene wat in ’n toegewyde verhouding met hom is?

      2 Jehovah betoon liefde teenoor sy ware aanbidders op ’n kosbare, blywende manier. Hierdie liefde word beskryf deur ’n Hebreeuse woord wat vertaal word met “liefderyke goedhartigheid”, of “lojale liefde”. Koning Dawid van eertydse Israel het diepe waardering gehad vir God se liefderyke goedhartigheid. Weens Dawid se persoonlike ondervindinge en bepeinsing oor God se handelinge met ander, kon hy vol vertroue sing: “Jehovah is . . . groot in liefderyke goedhartigheid [of, “lojale liefde”].”—Psalm 145:8.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel