-
Maak Jehovah se ewigdurende arms jou hulpDie Wagtoring – 1991 | Oktober 1
-
-
15. Wat is die inhoud van Dawid se woorde in Psalm 19:7-13?
15 Hoewel ons Jehovah se wet liefhet, begaan ons soms foute. Dit ontstel ons ongetwyfeld, net soos vir Dawid, vir wie God se wette, herinneringe, gebooie, en regterlike beslissings begeerliker as goud was. Hy het gesê: “U eie kneg [is] daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is daar ’n groot beloning. Foute—wie kan [hulle] onderskei? Verklaar my onskuldig aan verborge sondes. Hou u kneg ook terug van aanmatigende dade; laat hulle my nie beheers nie. In daardie geval sal ek volkome wees, en ek sou onskuldig gebly het aan vele oortredinge” (Psalm 19:7-13, NW). Kom ons ontleed hierdie woorde.
-
-
Maak Jehovah se ewigdurende arms jou hulpDie Wagtoring – 1991 | Oktober 1
-
-
17. Watter uitwerking kan verborge sondes op ’n mens hê, maar hoe kan vergifnis en verligting verkry word?
17 Verborge sondes kan groot kwelling veroorsaak. Volgens Psalm 32:1-5 het Dawid probeer om sy sonde te verberg, maar hy het gesê: “Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed.” Dawid is vermoei toe hy ’n skuldige gewete probeer onderdruk het, en benoudheid het sy lewenskrag uitgeput net soos ’n boom gedurende ’n droogte of in die hitte van ’n somersdag lewegewende vog verloor. Klaarblyklik het hy geestelik en fisies slegte gevolge ervaar en het hy sy vreugde verloor omdat hy nie sy sonde bely het nie. Slegs belydenis teenoor God sou vergifnis en verligting bring. Dawid het gesê: “Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. . . . My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.” Liefdevolle hulp van Christen- ouere manne kan geestelike herstel bevorder.—Spreuke 28:13; Jakobus 5:13-20.
-