-
“Die verordening van Jehovah” kan nie misluk nieDie Wagtoring – 2004 | Julie 15
-
-
Nasies in beroering
4. Hoe sou jy die hoofgedagtes van Psalm 2:1, 2 opsom?
4 Die psalmis verwys na die optrede van die nasies en hulle heersers en begin sy lied met hierdie woorde: “Waarom was die nasies in beroering en het die volksgroepe iets leegs bly mompel? Die konings van die aarde neem stelling in en die hoë amptenare het soos een man saamgespan teen Jehovah en teen sy gesalfde.”—Psalm 2:1, 2.a
5, 6. In watter sin het die volksgroepe “iets leegs bly mompel”?
5 In watter sin het die hedendaagse volksgroepe “iets leegs bly mompel”? In plaas van God se Gesalfde—die Messias, of Christus—te aanvaar, het die nasies “bly mompel”, of nadink, oor hoe hulle hulle eie gesag kan laat voortbestaan. Hierdie woorde van die tweede psalm het ook ’n vervulling in die eerste eeu G.J. gehad toe Joodse en Romeinse gesaghebbers saamgewerk het om God se aangewese Koning, Jesus Christus, dood te maak. Maar die vernaamste vervulling het in 1914 begin toe Jesus as hemelse Koning gekroon is. Sedertdien het nie een politieke organisasie op aarde God se gekroonde Koning erken nie.
6 Wat is die betekenis van die psalmis se vraag: “Waarom . . . het die volksgroepe iets leegs bly mompel?” Dit verwys na hulle voorneme wat leeg is; dit is tevergeefs en tot mislukking gedoem. Hulle kan nie vrede en eenheid vir hierdie aarde bring nie. En tog skroom hulle nie om goddelike heerskappy teë te staan nie. Trouens, hulle het soos een man aggressief stelling ingeneem en saamgespan teen die Allerhoogste en sy Gesalfde. Hoe dwaas tog!
Jehovah se seëvierende koning
7. Hoe het Jesus se vroeë volgelinge Psalm 2:1, 2 in ’n gebed toegepas?
7 Jesus se volgelinge het die woorde van Psalm 2:1, 2 op hom toegepas. Toe hulle weens hulle geloof vervolg is, het hulle gebid: “Soewereine Heer [Jehovah], u is die Een wat die hemel en die aarde en die see en alles wat in hulle is, gemaak het, en wat deur middel van heilige gees deur die mond van ons voorvader Dawid, u kneg, gesê het: ‘Waarom het nasies onstuimig geword en volke leë dinge bedink? Die konings van die aarde het stelling ingeneem en die heersers het soos een man saamgespan teen Jehovah en teen sy gesalfde.’ Net so het Herodes [Antipas] sowel as Pontius Pilatus, saam met mense van die nasies en volke van Israel, in werklikheid in hierdie stad bymekaargekom teen u heilige kneg Jesus, wat u gesalf het” (Handelinge 4:24-27; Lukas 23:1-12).b Ja, in die eerste eeu was daar ’n sameswering teen God se gesalfde kneg Jesus. Maar hierdie psalm sou eeue later ’n verdere vervulling hê.
8. Hoe is Psalm 2:3 van toepassing op hedendaagse nasies?
8 Toe eertydse Israel ’n mensekoning, soos Dawid, gehad het, het heidense nasies en heersers versamel teen God en sy gekroonde gesalfde. Maar wat van ons tyd? Hedendaagse nasies wil hulle nie aan die vereistes van Jehovah en die Messias onderwerp nie. Daarom word hulle uitgebeeld asof hulle sê: “Laat ons hulle bande stukkend skeur en hulle toue van ons afwerp!” (Psalm 2:3). Heersers en nasies verset hulle teen enige beperkings wat God en sy Gesalfde aan hulle oplê. Enige pogings om hierdie bande stukkend te skeur en hierdie toue af te werp, sal natuurlik tevergeefs wees.
-
-
“Die verordening van Jehovah” kan nie misluk nieDie Wagtoring – 2004 | Julie 15
-
-
a Aanvanklik was koning Dawid die “gesalfde”, en “die konings van die aarde” was die Filistynse heersers wat met hulle leërs teen hom saamgespan het.
b Ander tekste in die Christelike Griekse Geskrifte toon ook dat Jesus God se Gesalfde is na wie daar in die tweede psalm verwys word. Dit is duidelik wanneer Psalm 2:7 vergelyk word met Handelinge 13:32, 33 en Hebreërs 1:5; 5:5. Sien ook Psalm 2:9 en Openbaring 2:27.
-