-
Waardeer die geskenk van leweGeniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
2. Hoe kan ons vir Jehovah wys dat ons die geskenk van lewe waardeer?
Van die oomblik dat jou ma swanger geword het met jou, het Jehovah vir jou omgegee. In ’n gebed wat Jehovah in sy Woord laat neerskryf het, het een van sy aanbidders, Dawid, vir hom gesê: “U oë het my selfs as ’n embrio gesien” (Psalm 139:16). Jou lewe is baie kosbaar vir Jehovah. (Lees Matteus 10:29-31.) Dit sal hom baie seermaak as enige iemand aspris ’n einde maak aan ’n mens se lewe, selfs al is dit sy of haar eie lewea (Eksodus 20:13). Dit sal Jehovah ook seermaak as ons ons lewe onnodig in gevaar gestel het of nie stappe geneem het om ander se lewens te beskerm nie. Wanneer ons dinge doen om ons lewe te beskerm en die lewens van ander respekteer, wys ons dat ons die wonderlike geskenk van lewe waardeer.
-
-
Waardeer die geskenk van leweGeniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
a Jehovah gee baie om vir dié wie se hart gebreek is (Psalm 34:18). Hy verstaan hartseer gevoelens wat kan veroorsaak dat mense daaraan dink om hulleself dood te maak, en hy wil hulle help. Om te sien hoe hy iemand wat so voel, kan help, lees die artikel “Ek wil doodgaan – Kan die Bybel my help as ek daaraan dink om selfmoord te pleeg?” in die deel LEER MEER in hierdie les.
-