Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoop op Jehovah
    Die Wagtoring – 1987 | Desember 15
    • 13, 14. Waarop vestig Jehovah se Getuies hulle hoop, en wat doen hulle daaromtrent?

      13 Jesus het Jehovah natuurlik nie as die hoop van die mensdom vervang nie. Psalm 37:34 (NW) is steeds van toepassing: “Hoop op Jehovah en hou sy weg, en hy sal jou verhoog om die aarde in besit te neem. Wanneer die goddelose afgesny word, sal jy dit sien.” Dit is steeds nodig om op Jehovah te bly hoop en om alle volke aan te spoor om nie meer op mensgemaakte instellings te vertrou nie.

  • Hoop op Jehovah
    Die Wagtoring – 1987 | Desember 15
    • 16. Waarom kan daar gesê word dat Jesus dieselfde beskouing as Dawid gehad het?

      16 Koning Dawid was Jehovah se geestelike herder vir die stamme van eertydse Israel, en hy het die weg gebaan sodat Jerusalem die nasie se hoofstad kon word, waar sy seun Salomo 40 jaar lank geheers het. Jesus Christus is tereg die “seun van Dawid” genoem (Lukas 1:31; 18:39; 20:41). As Dawid sy hoop op Jehovah God gestel het, sou sy aardse nakomeling Jesus Christus dieselfde doen. En hy het.

      17. Watter bewys is daar dat Jesus op Jehovah gehoop het?

      17 As ’n bewys dat Dawid se beroemdste aardse nakomeling, Jesus Christus, die raad van Psalm 37:34 gevolg het toe hy sy laaste asem aan die folterpaal uitgeblaas het, het Jesus gesê: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor!” (Lukas 23:46). Hy het Dawid se woorde in Psalm 31:6, wat aan God gerig is, aangehaal en vervul: “In u hand gee ek my gees oor.” Jesus se hoop is nie beskaam nie, ewemin as dié van koning Dawid. Christus is op die derde dag uit die dode opgewek. Hy het 40 dae later na sy hemelse Vader teruggekeer. Aan die einde van die Heidense Tye in 1914 het Jehovah sy Seun verhoog om Heerser van die aarde te word.

      Nou ’n tyd vir hoop

      18. Waarom is dit vandag ’n gepaste tyd vir hoop?

      18 Watter hoop is daar vandag vir die mensdom terwyl hy in die nuwe jaar, 6014 AM (in die jaar van die wêreld), die toekoms tegemoetgaan? Daardie vraag is nou uiters gepas, want dit is nou byna 1 900 jaar ná die Bybelse tydperk. Dawid het Psalm 37:34 baie lank gelede geskryf.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel