Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wees bly oor die huwelik van die Lam!
    Die Wagtoring — 2014 | Februarie 15
    • 6. Waarom word daar na die gesalfdes as “die koning se dogter” verwys, en waarom word hulle beveel om ‘hulle volk te vergeet’?

      6 Die toekomstige bruid word nie net as “o dogter” aangespreek nie, maar word ook “die koning se dogter” genoem (Ps. 45:13). Wie is hierdie “koning”? Gesalfde Christene word aangeneem as “kinders” van Jehovah (Rom. 8:15-17). Omdat hulle ’n hemelse bruid sal word, word die gesalfdes beveel: “Vergeet u volk en u [vleeslike] vader se huis.” Hulle moet hulle verstande “gerig [hou] op die dinge daar bo, nie op die dinge op die aarde nie”.—Kol. 3:1-4.

  • Wees bly oor die huwelik van die Lam!
    Die Wagtoring — 2014 | Februarie 15
    • DIE BRUID WORD “NA DIE KONING TOE GELEI”

      8. Waarom is dit gepas dat die bruid as “die ene heerlikheid” beskryf word?

      8 Lees Psalm 45:13, 14a. Die bruid is “die ene heerlikheid”, pragtig versier vir die koninklike bruilof. In Openbaring 21:2 word die bruid vergelyk met ’n stad, Nuwe Jerusalem, en is sy “vir haar man versier”. Hierdie hemelse stad het “die heerlikheid van God”, en die glans daarvan is “soos ’n baie kosbare steen, soos ’n jaspissteen wat kristalhelder blink” (Op. 21:10, 11). Die luisterrykheid van Nuwe Jerusalem word pragtig beskryf in die boek Openbaring (Op. 21:18-21). Dit is geen wonder dat die psalmis die bruid as “die ene heerlikheid” beskryf nie! Die koninklike bruilof vind immers in die hemel plaas.

      9. Wie is “die koning” na wie die bruid gelei word, en hoe is sy geklee?

      9 Die Een na wie die bruid gelei word, is die Bruidegom—die Messiaanse Koning. Hy het haar voorberei deur haar ‘te reinig met die waterbad deur middel van die woord’. Sy is “heilig en sonder smet” (Ef. 5:26, 27). Sy bruid moet ook gepas geklee wees vir die geleentheid. En sy is! Ja, “haar klere het goue borduurwerk”, en “in geweefde klere sal sy na die koning toe gelei word”. Vir die bruilof van die Lam ‘is dit aan haar gegee om geklee te wees in blink, skoon, fyn linne, want die fyn linne beeld die regverdige dade van die heiliges af’.—Op. 19:8.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel