Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Jou planne sal stewig bevestig word”
    Die Wagtoring – 2007 | Mei 15
    • IN ’N lied wat die psalmis Dawid geskryf het, het hy gebid: “Skep in my ook ’n suiwer hart, o God, en plaas in my ’n nuwe, standvastige gees. Gee my tog weer die vreugde van redding deur u, en mag u my ook met ’n gewillige gees ondersteun” (Psalm 51:10, 12). Ná sy sonde met Batseba het ’n berouvolle Dawid Jehovah God hier gesmeek om sy hart te reinig en in hom die gees, of geestesneiging, te plaas om te doen wat reg is.

      Skep Jehovah werklik ’n nuwe hart in ons, en plaas hy ’n nuwe en gewillige gees in ons? Of is ’n suiwer hart iets wat ons moet probeer verkry en bewaar? “Jehovah is die ondersoeker van harte”, maar in watter mate raak hy betrokke by wat in ons innerlike aangaan? (Spreuke 17:3; Jeremia 17:10). In watter mate beïnvloed hy ons lewe, beweegredes en dade?

  • “Jou planne sal stewig bevestig word”
    Die Wagtoring – 2007 | Mei 15
    • “Die planne van die hart”—Wie se verantwoordelikheid?

      “Aan die mens behoort die planne van die hart”, sê Spreuke 16:1a. Dit is duidelik dat “die planne van die hart” ons verantwoordelikheid is. Jehovah berei nie ons hart wonderdadig voor of gee ons ’n gewillige gees nie. Ons moet ons inspan om juiste kennis van sy Woord, die Bybel, te verkry, te peins oor wat ons leer en ons gedagtes in ooreenstemming met syne te bring.—Spreuke 2:10, 11.

      Dawid se versoek om “’n suiwer hart” en ‘’n nuwe gees’ toon egter dat hy sy sondige neiging erken het en besef het dat hy God se hulp nodig het om sy hart te reinig. Weens ons onvolmaaktheid kom ons dalk in die versoeking om “die werke van die vlees” te beoefen (Galasiërs 5:19-21). Ons het Jehovah se hulp nodig om ons ‘liggaamsdele wat op die aarde is, dood te maak ten opsigte van hoerery, onreinheid, geslagsdrif, skadelike begeertes en hebsug’ (Kolossense 3:5). Hoe noodsaaklik is dit tog dat ons bid vir sy hulp om nie voor versoekings te swig nie en om sondige neigings uit ons hart te verwyder!

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel