Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Bly na aan Jehovah
    Die Wagtoring – 1991 | Desember 15
    • 1. Wat is Jehovah se wil met betrekking tot gebed, en watter aanmoediging het die apostel Paulus oor gebed gegee?

      JEHOVAH is “die God van die hoop” vir sy hele getroue volk. As die “Hoorder van die gebed” luister hy na hulle smekinge om hulp om die vreugdevolle hoop wat hy vir hulle in die vooruitsig stel te beërwe (Romeine 15:13; Psalm 65:3). En deur sy Woord, die Bybel, spoor hy al sy knegte aan om hom te eniger tyd te nader. Hy is altyd daar en wil hulle innerlike bekommernisse aanhoor. Trouens, hy moedig hulle aan om ‘in die gebed te volhard’ en om ‘sonder ophou te bid’a (Romeine 12:12; 1 Thessalonicense 5:17). Dit is Jehovah se wil dat alle Christene hom voortdurend in gebed aanroep, hulle harte voor hom uitstort en dit in die naam van sy geliefde Seun, Jesus Christus, doen.—Johannes 14:6, 13, 14.

  • Bly na aan Jehovah
    Die Wagtoring – 1991 | Desember 15
    • 3 Die dissipel Jakobus het geskryf: “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader” (Jakobus 4:8). Ja, al is ons as mense onvolmaak is God nie te verhewe of te ver verwyderd om ons betuigings teenoor hom te hoor nie (Handelinge 17:27). Daarbenewens is hy nie onverskillig en ongeërg nie. Die psalmis sê: “Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.”—Psalm 34:16; 1 Petrus 3:12.

      4. Hoe kan die aandag wat Jehovah aan gebed gee, toegelig word?

      4 Ja, Jehovah verwelkom gebed. Ons kan dit vergelyk met ’n geselligheid waar ’n hele paar mense gelyk gesels. Jy is daar, en jy luister hoe die ander gesels. Jou rol is dié van ’n toeskouer. Maar dan draai iemand hom na jou toe, noem jou naam en praat direk met jou. Dit trek jou aandag op ’n spesiale manier. God gee eweneens altyd ag op sy volk, waar hulle ook al is (2 Kronieke 16:9; Spreuke 15:3). Hy hoor dus as ’t ware ons woorde terwyl hy beskermend en belangstellend oor ons waak. Maar wanneer ons God se naam in gebed aanroep, word sy aandag getrek en dan konsentreer hy direk op ons. Jehovah het selfs die mag om die mens se onuitgesproke versoek in die dieptes van sy hart en verstand waar te neem en te verstaan. God verseker ons dat hy tot almal sal nader wat sy naam opreg aanroep en na aan hom wil bly.—Psalm 145:18.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel