Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Voorspoed kan jou geloof toets
    Die Wagtoring – 1993 | Julie 15
    • Nadat Asaf uiteindelik besef het dat sy denke verkeerd is, het hy gesê: “As ek gesê het: Ek wil óók so spreek—dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders! Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë, totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het. Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val. Hoe word hulle in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge! Soos ’n droom nadat ’n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!”—Psalm 73:15-20.

  • Voorspoed kan jou geloof toets
    Die Wagtoring – 1993 | Julie 15
    • Asaf het besef dat God die goddelose “op gladde plekke” gestel het. Omdat hulle lewe om materiële dinge draai, is daar die gevaar dat hulle tot ’n skielike val kan kom. Indien nie, sal die dood hulle uiteindelik in hulle oudag inhaal, en die rykdom wat hulle so oneerlik bekom het, sal nie vir hulle ’n langer lewe bied nie (Psalm 49:7-13). Hulle voorspoed sal soos ’n kortstondige droom wees. Selfs voordat hulle oud word, kan geregtigheid hulle inhaal wanneer hulle maai wat hulle gesaai het (Galasiërs 6:7). Aangesien hulle die enigste Een wat hulle kan help die rug toegekeer het, is hulle hulpeloos, sonder hoop. Wanneer Jehovah teen hulle optree, sal hy hulle “beeld”—hulle vertoon en posisie—verag.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel