Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah, die Een wat wonderlike dinge doen
    Die Wagtoring – 1992 | Desember 15
    • Jehovah se goedheid

      8. Watter innigheid kan ons in ons verhouding met Jehovah hê, en hoe het hy sy goedheid getoon?

      8 Dawid rig hierdie verdere smeekbede: “U, o [Jehovah], is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep. [O Jehovah], luister na my gebed en let op die stem van my smekinge. In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my” (Psalm 86:5-7, vgl. NW). “O Jehovah”—hoe ontroer dit ons tog elke keer wanneer ons hierdie innige uitdrukking hoor! Dit is ’n innigheid wat voortdurend deur gebed aangekweek kan word. Dawid het by ’n ander geleentheid gebid: “Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o [Jehovah]” (Psalm 25:7, vgl. NW). Jehovah is die absolute beliggaming van goedheid—deur sy voorsiening van Jesus se losprys, deur die genade wat hy aan berouvolle sondaars betoon en deur die goedertierenheid wat hy op sy lojale en waarderende Getuies uitstort.—Psalm 100:3-5; Maleagi 3:10.

  • Jehovah, die Een wat wonderlike dinge doen
    Die Wagtoring – 1992 | Desember 15
    • 10. Hoe bring die boek Psalms Jehovah se goedertierenheid op die voorgrond?

      10 Die boek Psalms maak meer as honderd keer melding van Jehovah se “goedertierenheid”. Sulke goedertierenheid is beslis oorvloedig! In die eerste vier verse van die 118de Psalm word daar ’n beroep op God se knegte gedoen om Jehovah te dank, en daar word vier keer gesê “sy goedertierenheid is tot in ewigheid”. Die 136ste Psalm beklemtoon die liefdevolle eienskap van “sy goedertierenheid” 26 keer. Hoe ons ook al fouteer—en Jakobus 3:2 sê juis dat ‘ons almal dikwels struikel’—laat ons Jehovah altyd sonder versuim om vergifnis vra, oortuig van sy genade en goedertierenheid. Sy goedertierenheid is ’n uiting van sy lojale liefde teenoor ons. As ons lojaal aanhou om God se wil te doen, sal hy sy lojale liefde toon deur ons te versterk om elke beproewing die hoof te bied.—1 Korinthiërs 10:13.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel