Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah, die Een wat wonderlike dinge doen
    Die Wagtoring – 1992 | Desember 15
    • 8. Watter innigheid kan ons in ons verhouding met Jehovah hê, en hoe het hy sy goedheid getoon?

      8 Dawid rig hierdie verdere smeekbede: “U, o [Jehovah], is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep. [O Jehovah], luister na my gebed en let op die stem van my smekinge. In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my” (Psalm 86:5-7, vgl. NW). “O Jehovah”—hoe ontroer dit ons tog elke keer wanneer ons hierdie innige uitdrukking hoor! Dit is ’n innigheid wat voortdurend deur gebed aangekweek kan word. Dawid het by ’n ander geleentheid gebid: “Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o [Jehovah]” (Psalm 25:7, vgl. NW). Jehovah is die absolute beliggaming van goedheid—deur sy voorsiening van Jesus se losprys, deur die genade wat hy aan berouvolle sondaars betoon en deur die goedertierenheid wat hy op sy lojale en waarderende Getuies uitstort.—Psalm 100:3-5; Maleagi 3:10.

      9. Watter versekering moet berouvolle sondaars ter harte neem?

      9 Moet ons ons kwel oor foute wat ons in die verlede begaan het? As ons nou reguit paaie vir ons voete maak, word ons bemoedig wanneer ons aan die apostel Petrus se versekering dink dat berouvolle persone “tye van verkwikking” van Jehovah sal ontvang (Handelinge 3:19). Laat ons in gebed na aan Jehovah bly deur middel van ons Loskoper, Jesus, wat liefdevol gesê het: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele.” Wanneer lojale Getuies vandag in Jesus se kosbare naam tot Jehovah bid, vind hulle inderdaad rus.—Mattheüs 11:28, 29; Johannes 15:16.

  • Jehovah, die Een wat wonderlike dinge doen
    Die Wagtoring – 1992 | Desember 15
    • 13. Hoe kan ouers en hulle kinders van Jehovah se goedheid gebruik maak?

      13 Dawid het ongetwyfeld die noodsaaklikheid om op Jehovah se goedheid te steun in sy seun Salomo se hart ingeskerp. Derhalwe kon Salomo sy eie seun die raad gee: “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak. Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad” (Spreuke 3:5-7). Hedendaagse ouers moet hulle kinders eweneens leer hoe om vol vertroue tot Jehovah te bid en hoe om die aanvalle van ’n wrede wêreld—soos portuurdwang by die skool en versoekings om onsedelik te wees—die hoof te bied. As jy die waarheid elke dag saam met jou kinders uitleef, kan dit ware liefde vir Jehovah en biddende vertroue op hom by hulle inskerp.—Deuteronomium 6:4-9; 11:18, 19.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel