Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Hulle sal nog in die grysheid bly floreer”
    Die Wagtoring – 2007 | September 15
    • “Hulle sal nog in die grysheid bly floreer”

      BAIE mense in Mediterreense lande plant dadelpalms in hulle tuin. Hierdie bome is bekend vir hulle prag en heerlike vrugte. Wat meer is, hulle floreer ver oor ’n honderd jaar lank.

  • “Hulle sal nog in die grysheid bly floreer”
    Die Wagtoring – 2007 | September 15
    • Pragtige vroue is nie die enigstes wat met ’n palmboom vergelyk word nie. Die psalmis het gesing: “Die regverdige sal bloei soos ’n palmboom; soos ’n seder op die Libanon sal hy groot word. Dié wat in die huis van Jehovah geplant is, in die voorhowe van ons God, hulle sal bloei. Hulle sal nog in die grysheid bly floreer, vet en vars sal hulle bly.”—Psalm 92:12-14.

      Dié wat God getrou gedurende hulle oudag dien, het figuurlik gesproke baie in gemeen met die elegante palmboom. “Grysheid is ’n pragtige kroon wanneer dit op die weg van regverdigheid gevind word”, sê die Bybel (Spreuke 16:31). Hoewel hulle fisiese krag dalk wegkwyn namate die jare vorder, kan bejaardes hulle geestelike krag behou deur hulle te voed deur ’n gereelde studie van God se Woord, die Bybel (Psalm 1:1-3; Jeremia 17:7, 8). Danksy hulle innemende woorde en goeie voorbeeld is getroue bejaardes ’n groot bron van aanmoediging vir ander en hou hulle aan om jaar ná jaar vrug te dra (Titus 2:2-5; Hebreërs 13:15, 16). Soos die dadelpalm, kan bejaardes op hulle oudag floreer.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel