Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Pas op vir ’n gebrek aan geloof
    Die Wagtoring – 1998 | Julie 15
    • ‘Moenie julle harte verhard nie’

      13. Watter waarskuwing het Paulus gegee, en hoe het hy Psalm 95 toegepas?

      13 Nadat Paulus die begunstigde posisie van die Hebreeuse Christene bespreek het, gee hy hierdie waarskuwing: “Net soos die heilige gees sê: ‘Vandag as julle na sy stem luister, moet julle julle harte nie verhard soos die keer toe bitter toorn veroorsaak is nie, soos in die dag toe die beproewing in die wildernis gedoen is’” (Hebreërs 3:7, 8). Paulus het uit die 95ste Psalm aangehaal en kon gevolglik sê “die heilige gees sê”b (Psalm 95:7, 8; Exodus 17:1-7). God het die Skrif deur middel van sy heilige gees geïnspireer.—2 Timoteus 3:16.

      14. Hoe het die Israeliete gereageer op wat Jehovah vir hulle gedoen het, en waarom?

      14 Nadat die Israeliete uit slawerny in Egipte bevry is, het hulle die groot eer ontvang om in ’n verbondsverhouding met Jehovah te tree (Exodus 19:4, 5; 24:7, 8). Maar in plaas van waardering te toon vir wat God vir hulle gedoen het, het hulle kort daarna opstandig opgetree (Numeri 13:25–14:10). Hoe kon dit gebeur het? Paulus het die rede gegee: hulle het hulle harte verhard. Maar hoe raak harte verhard wat vatbaar en ontvanklik vir God se Woord is? En wat moet ons doen om dit te voorkom?

      15. (a) Hoe is ‘God se stem’ in die verlede gehoor en hoe word dit vandag gehoor? (b) Watter vrae moet ons ons aangaande ‘God se stem’ afvra?

      15 Paulus het sy waarskuwing begin met die voorwaardelike gedagte “as julle na sy stem luister”. God het deur Moses en ander profete met sy volk gepraat. Daarna het Jehovah deur middel van sy Seun, Jesus Christus, met hulle gepraat (Hebreërs 1:1, 2). Vandag het ons God se volledige geïnspireerde Woord, die Heilige Bybel. Ons het ook “die getroue en verstandige slaaf”, wat deur Jesus aangestel is om geestelike “voedsel op die regte tyd” te voorsien (Matteus 24:45-47). God praat dus nog steeds met ons. Maar luister ons? Hoe reageer ons byvoorbeeld op raad oor kleredrag en persoonsversorging of ons keuse van vermaak en musiek? “Luister” ons, dit wil sê, skenk ons aandag aan en is ons gehoorsaam aan dit wat gehoor word? As ons die gewoonte het om verskonings te maak of teen die raad beswaar te maak, stel ons ons aan die subtiele gevaar bloot om ons harte te verhard.

      16. Wat is een manier waarop ons hart verhard kan word?

      16 Ons hart kan ook verhard word as ons nie doen wat ons kan en moet doen nie (Jakobus 4:17). Ten spyte van alles wat Jehovah vir die Israeliete gedoen het, het hulle nie geloof beoefen nie, teen Moses in opstand gekom, gekies om ’n slegte berig oor Kanaän te glo en geweier om die Beloofde Land binne te gaan (Numeri 14:1-4). Jehovah het gevolglik beveel dat hulle 40 jaar in die wildernis deurbring—lank genoeg sodat die trouelose lede van daardie geslag sou uitsterf. Omdat God ’n afkeer van hulle gekry het, het hy gesê: “‘Hulle dwaal altyd in hulle harte af, en hulle het my weë nie leer ken nie.’ Ek het dus in my toorn gesweer: ‘Hulle sal in my rus nie ingaan nie’” (Hebreërs 3:9-11). Sien ons ’n les hierin vir ons?

  • Pas op vir ’n gebrek aan geloof
    Die Wagtoring – 1998 | Julie 15
    • 19. Hoe kan dit ernstige gevolge hê as ons nie na raad luister nie? Lig dit toe.

      19 Die les is dus dat ons hart weldra gevoelloos, verhard, sal word as ons in die gewoonte verval om nie ‘na sy stem te luister’ nie deur raad te ignoreer wat Jehovah deur sy Woord en die ‘getroue slaaf’-klas gee. ’n Ongetroude paartjie kan byvoorbeeld ’n bietjie te intiem raak. Sê nou hulle ignoreer eenvoudig die saak? Sal dit hulle beskerm sodat hulle dit nie weer doen nie, of sal dit dan net makliker vir hulle wees om dit weer te doen? Wanneer die slaafklas ons eweneens raad gee wat toon hoe belangrik dit is om selektief te wees in ons keuse van musiek en vermaak, ensovoorts, neem ons dit met dankbaarheid aan en maak ons die nodige aanpassings? Paulus het ons aangespoor om ‘nie ons onderlinge vergadering na te laat nie’ (Hebreërs 10:24, 25). Ondanks hierdie raad het party ’n traak-my-nieagtige beskouing van Christelike vergaderinge. Hulle meen dalk dat dit ’n kleinigheid is om van sommige vergaderinge weg te bly of sekeres selfs nooit by te woon nie.

  • Pas op vir ’n gebrek aan geloof
    Die Wagtoring – 1998 | Julie 15
    • b Paulus het klaarblyklik aangehaal uit die Griekse Septuagint, wat die Hebreeus vir “Meriba” en “Massa” onderskeidelik as “rusie” en “beproewing” vertaal. Sien bladsye 350 en 379 in Deel 2 van Insight on the Scriptures, uitgegee deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel