-
Is jy gereed om gedoop te word?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
5. Oorkom dinge wat kan keer dat jy gedoop word
Wanneer ons besluit om onsself aan Jehovah toe te wy en gedoop te word, sal daar dinge wees wat dit vir ons moeilik maak. Om ’n voorbeeld te sien, speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.
Watter dinge moes Narangerel oorkom om Jehovah te dien?
Hoe het liefde vir Jehovah haar gehelp om dit te doen?
Lees Spreuke 29:25 en 2 Timoteus 1:7, en bespreek dan hierdie vraag:
Wat gee ons die moed om moeilike dinge te oorkom?
-
-
Jy kan lojaal bly wanneer jy vervolg wordGeniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
Ons moet nou ons vertroue in Jehovah sterker maak. Maak elke dag tyd om tot hom te bid en ’n deel van sy Woord te lees. Woon vergaderinge gereeld by. Al hierdie dinge sal jou die krag gee wat jy nodig het om enige vervolging moedig te hanteer, selfs as dit van familielede af kom. Die apostel Paulus, wat baie keer vervolg was, het geskryf: “Jehovah is my helper. Ek sal nie bang wees nie.” – Hebreërs 13:6.
Ons kan ook ons moed opbou deur gereeld te preek. Wanneer ons preek, leer ons om op Jehovah te vertrou en om nie vir mense bang te wees nie (Spreuke 29:25). As jy nou die moed opbou om te preek, sal jy goed voorbereid wees om aan te hou preek, selfs as die regering ons probeer keer om te preek. – 1 Tessalonisense 2:2.
-