-
Hoe om die morele uitdaging van armoede die hoof te biedDie Wagtoring – 1990 | November 15
-
-
Vandag is die meeste van die wêreld se armes slagoffers van omstandighede buite hulle beheer—moontlik gebrek aan skoolopleiding, plaaslike ekonomieë wat in duie stort, of ’n politieke omwenteling. Baie swoeg van vroeg in die oggend tot laat in die nag en maak op ’n manier ’n karige bestaan. Daarom kan geleenthede om geld op ’n oneerlike manier te maak aantreklik, selfs noodsaaklik, lyk. Sommige kan selfs redeneer dat die Bybel ’n bietjie oneerlikheid nou en dan regverdig! Hy sê dan: “’n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het.” En ’n wyse man het gebid: ‘Gee my nie armoede nie, dat ek nie, as ek arm geword het, steel nie.’—Spreuke 6:30; 30:8, 9.
-
-
Hoe om die morele uitdaging van armoede die hoof te biedDie Wagtoring – 1990 | November 15
-
-
Maar wat van die wyse man se gebed? Hy het gevra dat hy nie in armoede moet verval en dan ‘steel en hom aan die Naam van sy God vergryp nie’ (Spreuke 30:9). Ja, oneerlikheid deur iemand wat voorgee dat hy Jehovah dien, kan oneer op God se naam en op die gemeente van Sy volk bring. Die apostel Paulus het geskryf: “Jy wat preek dat ’n mens nie mag steel nie, steel jy?” As voorgewende Christene wel steel, kan dit daartoe lei dat ‘die Naam van God onder die [nasies] gelaster word’.—Romeine 2:21, 24, vgl. NW.
-