-
Maak Jehovah jou vertroueDie Wagtoring – 2003 | September 1
-
-
18, 19. Met watter woorde spoor die Bybel ons aan om op Jehovah te vertrou, maar watter verkeerde idees het party in dié verband?
18 God se Woord spoor ons aan: “Vertrou op Jehovah met jou hele hart en moenie op jou eie begrip steun nie. Slaan ag op hom in al jou weë, en hy sal jou paaie reguit maak” (Spreuke 3:5, 6). Dit is pragtige, bemoedigende woorde. Daar is beslis niemand in die ganse heelal wat betroubaarder as ons geliefde hemelse Vader is nie. Nietemin is dit makliker om daardie woorde in Spreuke te lees as om dit toe te pas.
-
-
Maak Jehovah jou vertroueDie Wagtoring – 2003 | September 1
-
-
22, 23. (a) Waarom moet ons op Jehovah vertrou wanneer ons voor probleme te staan kom, en hoe kan ons dit doen? (b) Wat sal in die volgende artikel bespreek word?
22 Spreuke 3:6 toon egter dat ons ‘ag moet slaan op Jehovah in al ons weë’, nie net wanneer ons voor moeilike situasies te staan kom nie. Die daaglikse besluite wat ons dus in ons lewe neem, moet ons vertroue in Jehovah weerspieël. Wanneer probleme opduik, moet ons nie moed verloor, paniekerig raak of weier om Jehovah se leiding te aanvaar oor die beste manier om sake te hanteer nie. Ons moet beproewinge beskou as geleenthede om Jehovah se soewereiniteit te ondersteun, om Satan ’n leuenaar te help bewys en om gehoorsaamheid aan te kweek, asook ander eienskappe wat Jehovah behaag.—Hebreërs 5:7, 8.
-