-
Vrees Jehovah en jy sal gelukkig weesDie Wagtoring – 1987 | Mei 15
-
-
Luister na wysheid
Lees Spreuke 1:1–2:22. “Die vrees van [“vir”, NW] die HERE” is die wese van kennis. As ons dissipline aanvaar, sal ons nie saam met sondaars sondig nie. Jehovah gee wysheid aan diegene wat hom vrees, en dit beskerm hulle teen kwaaddoeners.
◆ 1:7—Wat is “die vrees van die HERE”?
Dit is ontsag, diep eerbied en ’n heilsame vrees om hom te mishaag omdat ons sy goedertierenheid en goedheid waardeer. “Vrees van die HERE” beteken dat ons erken dat hy die Opperregter en die Almagtige is, wat die reg en die mag het om diegene wat aan hom ongehoorsaam is te straf of dood te maak. Dit beteken ook dat ’n mens God getrou dien, hom ten volle vertrou en haat wat hy sê sleg is.—Psalm 2:11; 115:11; Spreuke 8:13.
-
-
Vrees Jehovah en jy sal gelukkig weesDie Wagtoring – 1987 | Mei 15
-
-
Les vir ons: As ons Jehovah vrees, sal ons die dissipline aanvaar wat hy deur sy Woord en organisasie voorsien. Versuim om dit te doen, sal ons op een lyn stel met “sotte”, goddelose sondaars. Laat ons dus sy liefdevolle dissipline aanvaar.—Spreuke 1:7; Hebreërs 12:6.
-