-
“Bewaak jou hart”Die Wagtoring – 2000 | Mei 15
-
-
Salomo het sy vader se liefdevolle raad onthou en sê: “Hy het my onderrig en vir my gesê: ‘Laat jou hart my woorde stewig vashou. Onderhou my gebooie en bly lewe. Verwerf wysheid, verwerf insig. Moenie die woorde van my mond vergeet nie, en moenie daarvan afwyk nie. Moet dit [wysheid] nie verlaat nie, en dit sal jou bewaar. Wees lief daarvoor, en dit sal jou beveilig. Wysheid is die heel belangrikste. Verwerf wysheid; en by alles wat jy verwerf, verwerf insig.’”—Spreuke 4:4-7, NW.
-
-
“Bewaak jou hart”Die Wagtoring – 2000 | Mei 15
-
-
Dit is ook noodsaaklik om insig te verwerf. Kan ons werklik daarsonder sien hoe feite met mekaar verband hou en die geheelbeeld van ’n saak kry? As ons nie insig het nie, hoe kan ons die hoekoms en waaroms van dinge verstaan en insig en onderskeidingsvermoë verkry? Ja, as ons sake goed wil beoordeel en tot die regte gevolgtrekking wil kom, het ons insig nodig.—Daniël 9:22, 23, NW.
-