-
Jy kan kuis bly in ’n onsedelike wêreldDie Wagtoring – 2000 | Julie 15
-
-
Om watter ander rede moet ons ons weg ver van ’n bandelose persoon af hou? Salomo antwoord: “Sodat jy nie jou bloei [“waardigheid”, “NW”] aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie; sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van ’n uitlander kom nie en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is.”—Spreuke 5:9-11.
-
-
Jy kan kuis bly in ’n onsedelike wêreldDie Wagtoring – 2000 | Julie 15
-
-
Maar wat behels dit om ‘ons jare, ons vermoë en ons moeitevolle arbeid aan vreemdes, oftewel uitlanders, te gee’? Een naslaanwerk sê: “Die punt in hierdie verse is duidelik: Die prys vir ontrouheid kan hoog wees; want ’n mens kan alles verloor waarvoor jy werk—posisie, mag, welvaart—deur die gierige eise van die vrou of die gemeenskap se aandrang op vergelding.” Onsedelikheid kan ’n mens duur te staan kom!
-