-
“Onderhou my gebooie en bly lewe”Die Wagtoring – 2000 | November 15
-
-
“Kom tog, laat ons tot die oggend tot versadiging toe van die liefde drink”, sê sy verder, “laat ons tog met liefkosings genot hê van mekaar.” Die uitnodiging is vir baie meer as net ’n aangename ete vir twee. Sy belowe dat hulle seksuele intimiteit sal geniet. Vir die jong man klink die uitnodiging na avontuur en opwinding! As verdere aansporing voeg sy by: “Want die eggenoot is nie in sy huis nie; hy het ver weg op reis gegaan. ’n Sak geld het hy in sy hand geneem. Op die dag van die volmaan sal hy na sy huis kom” (Spreuke 7:18-20, NW). Hulle sou heeltemal veilig wees, verseker sy hom, want haar man is weg op ’n sakereis en word nie binnekort terug verwag nie. Hoe vernuftig lei sy tog ’n jong persoon om die bos! “Sy het hom mislei deur die oorvloed van haar oorredingskrag. Deur die gladheid van haar lippe verlei sy hom” (Spreuke 7:21, NW). Dit sou ’n man van Josef se kaliber verg om ’n uitnodiging wat so aanloklik is, te weerstaan (Genesis 39:9, 12). Is hierdie jong man hierteen opgewasse?
-
-
“Onderhou my gebooie en bly lewe”Die Wagtoring – 2000 | November 15
-
-
Die “vreemde vrou” wat die koning gesien het, het die jong man verlei met ’n uitnodiging om ‘met liefkosings genot van mekaar te hê’. Is daar nie al op soortgelyke maniere van baie jongmense—veral meisies—misbruik gemaak nie? Maar dink hieroor na: Wanneer iemand jou in seksuele wangedrag probeer verlok, is dit dan ware liefde of selfsugtige wellus? Waarom sou ’n man wat ’n vrou opreg liefhet druk op haar probeer uitoefen om haar Christelike opleiding en gewete te ignoreer? “Laat jou hart nie afwyk” na sulke weë nie, maan Salomo.
-