Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Jehovah self gee wysheid”
    Die Wagtoring – 1999 | November 15
    • Die wyse koning Salomo van eertydse Israel sê in die liefdevolle woorde van ’n vader: “My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie as ’n skat by jou bewaar, om met jou oor aandag te skenk aan wysheid, sodat jy jou hart tot onderskeidingsvermoë kan neig; as jy bowendien na verstandigheid roep en na onderskeidingsvermoë jou stem verhef, as jy daarna bly soek soos na silwer en dit bly naspeur soos verborge skatte, dan sal jy die vrees van Jehovah verstaan, en jy sal die kennis van God vind.”—Spreuke 2:1-5, NW.

  • “Jehovah self gee wysheid”
    Die Wagtoring – 1999 | November 15
    • Om aan wysheid aandag te skenk, behels dat ’n mens onderskeidingsvermoë en verstandigheid verkry. Volgens Webster’s Revised Unabridged Dictionary is onderskeidingsvermoë “die krag of vermoë van die verstand waardeur dit een ding van ’n ander onderskei”. Godvrugtige onderskeidingsvermoë is die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei en dan die regte weg te kies. As ons nie ‘ons hart neig’ tot onderskeidingsvermoë of gretig is om dit te verwerf nie, hoe kan ons dan bly op “die pad wat na die lewe lei”? (Matteus 7:14; vergelyk Deuteronomium 30:19, 20.) Ons verkry onderskeidingsvermoë deur God se Woord te bestudeer en toe te pas.

      Hoe kan ons “na verstandigheid roep”—die vermoë om te sien hoe die aspekte van ’n saak met mekaar asook met die geheel verband hou? Ons ouderdom en ondervinding is natuurlik faktore wat ons kan help om verstandiger te word—maar dit is nie noodwendig die geval nie (Job 12:12; 32:6-12). “Ek tree verstandiger op as ouer manne”, het die psalmis gesê, “omdat ek u [Jehovah se] bevele bewaar het.” Hy het ook gesing: “Die onthulling van u woorde gee lig; dit maak die onervarenes verstandig” (Psalm 119:100, 130, NW). Jehovah is “die Oue van dae”, en hy is baie verstandiger as die hele mensdom (Daniël 7:13). God kan verstandigheid gee aan ’n onervarene, wat hom in staat sal stel om selfs dié wat ouer as hy is in daardie eienskap te oortref. Daarom moet ons God se Woord, die Bybel, ywerig bestudeer en toepas.

      Die woorde “as jy” wat in die eerste deel van die tweede hoofstuk van Spreuke herhaal word, word gevolg deur uitdrukkings soos “aanneem”, ‘as ’n skat bewaar’, ‘roep na’, “bly soek”, “bly naspeur”. Waarom gebruik die skrywer hierdie uitdrukkings wat in graad toeneem? ’n Naslaanwerk sê: “Die wyse man beklemtoon [hier] die belangrikheid van ywer in die strewe na wysheid.” Ja, ons moet wysheid en die verwante eienskappe—onderskeidingsvermoë en verstandigheid—ywerig nastreef.

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel