Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 7/8 bl. 32
  • Die prys van woede

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die prys van woede
  • Ontwaak!—1993
Ontwaak!—1993
g93 7/8 bl. 32

Die prys van woede

WANNEER ’n mens kwaad raak, ly jou hart daaronder. ’n Onlangse studie wat by die Stanford-universiteit in die Verenigde State gedoen is, het bevind dat wanneer hartpasiënte gevra is om aan voorvalle te dink wat hulle steeds kwaad maak hulle hart 5 persent minder bloed gepomp het. Hoewel hierdie afname nie permanent was nie, meen dokters dat dit betekenisvol is met die oog op toenemende bewyse dat vyandiggesinde mense ’n baie groter kans as vredeliewendes het om hartkwale op te doen.

“Die vyf-persent-afname wat ons in die werking van die pasiënte se harte gevind het wanneer hulle kwaad was, is ’n betekenisvolle, dog geringe afname”, het dr. Gail Ironson, wat aan die hoof van die navorsing gestaan het, gesê. “Die pasiënte het gesê dat hulle nie naastenby so kwaad was wanneer hulle aan die voorval gedink het as wat hulle was toe dit gebeur het nie. Die hoeveelheid bloed wat deur die hart gepomp word, sal tydens die werklike voorval vermoedelik veel minder wees.”

Dit is die eerste studie wat toon dat woede ’n direkte uitwerking op die werking van die hart het. En hoewel woede nie die enigste oorsaak van hartkwale is nie—eetgewoontes, oefening en genetika speel ook ’n rol—glo navorsers dat woede ’n vername oorsaak kan wees.

Dokters weet al lank dat woede nadelig is vir die menseliggaam. Dit kan hoër bloeddruk, slagaarveranderinge, asemhalingsprobleme, lewerprobleme, veranderinge in galafskeiding asook skade aan die pankreas veroorsaak. Daar word ook geglo dat woede kwale soos asma, oogsiektes, velsiektes, veluitslae en maagsere, asook dentale en spysverteringsprobleme, vererger.

Afgesien van die geestelike en sosiale voordele hou dit dus ook liggaamlike voordele in wanneer daar ag geslaan word op die Bybel se raad om ‘die toorn te laat staan en die grimmigheid te verlaat’ en nie ‘haastig in jou gees te wees om jou te vererg [of, “kwaad te raak”, King James Version] nie’. Hoe verstandig is dit tog om die “onderskeidingsvermoë” aan te kweek wat ’n mens “langsaam tot toorn” maak! Ja, “’n kalm hart is die lewe van die vleeslike organisme”.—Psalm 37:8; Prediker 7:9; Spreuke 14:29, 30, NW.

As jy graag meer inligting of ’n gratis tuisbybelstudie met een van Jehovah se Getuies wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel