Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe moet ek woedende mense behandel?
    Ontwaak! – 2001 | November 22
    • “Hy was briesend kwaad. Miskien wou hy my slaan omdat hy gesien het ek is klein. Terwyl ek teruggestaan het, het ek gesê: ‘Net ’n oomblik! Wag ’n bietjie! Wag ’n bietjie! Hoekom wil jy my slaan? Ek het jou niks gedoen nie. Ek weet nie eers waaroor jy kwaad is nie. Kan jy my sê wat fout is?’”—16-jarige David.

  • Hoe moet ek woedende mense behandel?
    Ontwaak! – 2001 | November 22
    • Die Bybel gee hierdie wyse raad: “’n Sagte antwoord keer woede af, maar ’n woord wat pyn veroorsaak, laat toorn opkom” (Spreuke 15:1, NW). Ja, as ’n mens op woede reageer met “’n woord wat pyn veroorsaak”, vererger dit net die situasie. Maar ’n sagte antwoord kan dikwels gevoelens laat bedaar en ’n gespanne situasie verander.

      Dink aan David, wat in die begin genoem is. Hy het die boelie sover gekry om te verduidelik waarom hy kwaad was. Iemand het blykbaar die boelie se kos gesteel, en hy het bloot sy frustrasie op die eerste persoon uitgehaal wat hy teëgekom het. “As jy my slaan, gaan dit nie jou kos terugbring nie”, het David geredeneer. Hy het toe voorgestel dat hulle twee na die kafeteria gaan. “Omdat ek die klerk daar geken het”, vertel David, “kon ek vir hom iets kry om te eet. Hy het my hand geskud, en daarna was hy vriendelik met my.” Sien jy hoe kragtig sagte woorde kan wees? Soos ’n spreuk sê: “’n Sagte tong verbreek die gebeente.”—Spreuke 25:15.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel